KARMA
Jy hoef nie daaraan te glo dat dit ‘n werklikheid moet word nie. Lui die volgende gesegde of uittreksel uit die bybel ‘n klokkie? “Wat jy saai sal jy maai?”. Die lewe se dollos val partykeer reg en partykeer verkeerd. Party mense sal sê dit is net geluk of ‘n kans wat hul gevat het. […]
DAAR WAS STILTE
Jy kon ‘n speld hoor val stilte was swanger voor die baarkreet vrees in die oë van die wat uitoorlê is wette word verander meer word weg geneem as gegee die aankondiging blêr krakerig oor die radio versteen in afwagting die aankondiging volg teleurstelling sypel nes ‘n dief deur my liggaam dis gee en neem […]
DIE NOODLOT
Die dollos skarrel oor die tafel in ‘n vierkant uitgekeep slaan hy bolomakiesie is die sweet bitter wat pêrel op my voorkop stuur my skip af op die dollos van vernietig ek weet nie meer wat reg is nie ek weet nie meer wie ek is nie my knieë val stomp teen die grond my […]
Weg oor die horison
Die weg oor die horison Oppie gesigseinder hang die bloedgoudband van skemer nag klop klop aan aand se deur stilte het dag se geroesemoes kom versteur. Oppie horison lig maan sy blink lyf soos ‘n wafferse baron sterre soos stringe diamante deur donker gebeur en hang aan nag se koepel in volle fleur. Oor die […]
Blare
groen tot skilderdoos kleure koolstof na suurstof fabrieke bedrywe met ń kort prognose wat seisoenaal wegwaai as kompos alle kleure omvou in klere met bydraes onbeperk oor geslagte is vasgevang met toegaanskaarte wat reëlmatig verval as koopdoodskote blare warrel oor velde en stede in alle seisoene, veral in herfs as alles gereedmaak vir rusgate
Foto
Foto, N foto is n beeld wat geskep word deur lig. Jou geliefde staan voor jou met haar beeldskone gesig. Dit is n oomblik, n laglyn, haar rooi lip wat in die son onder gang skyn. Gryp die kamera, elektronies is al wat ons vandag besit. Gryp dadelik daardie tydlose rit na neentien-toeka toe […]
Anna se dolosse
Anna se dolosse Brons Anna sit op een van die dolosse en tuur oor die see. Dit is besig om hooggety te word. Sy merk hoe die branders teen die dolosse klots, maar laasgenoemde staan sterk, staan stewig en trotseer die krag van die weerstand. Sy weet nie wanneer en deur wie hierdie dolosse daar […]
Somergloed
voëls skinder saggies agter Adam en Eva blaartjies oor die allermagtige sterrehemel wat verval in die môrelig van een kleinster die son die oggend lig verlig, verwarm dan vinnig tot ń strakke middaggloed wat alles swart brand teen middag soek almal skadu lafenis oplaas die laatmiddag horison die bloedrooi is nou ń lougloed wat net […]
TOORDOKTER
TOORDOKTER Geskryf deur Fanus Strydom 1923 woorde “Beste uitvindsel ooit…” Die gryskopman draai moeilik om na die klein houtvenstertjie toe en wys na die uitgestrekte kaai voor ons. In ʼn ellelange, uitgestrekte lyn lê honderde sement-dolosse slaggereed en wag op die volgende woedende golf om te arriveer vanuit die diepsee uit. Die hoogwater […]
vrolik
as die golwe swyg die fabriek se reuk styg mense ontwaak uit diepe slaap nag se somer hitte lê nog kombers dan klink bokmakierie se geroep helder vrolik kondig hy ‘n nuwe dag vol seën aan donker nag van vrees vir roofdier en slang vir hom ook verby in die eerstelig strale soos ook in […]