Patos
‘n Reis onderneem langs wilde roetes is die een van besieling want hartstog ontkiem daar waar dit vind dat dit kan blom sonder tong en stom is soms luider as sonlig vir ‘n blinde of as liefde vir n onbeminde
In nagedagtenis (2)
Ek vind jou telkens teen die hange van ‘n Overberg, ek roep jou naam en hoor hoedat jy antwoord gee. Jy reënboog oor die vlaktes en valleie – daar waar jy verbonde met lig se breking smee. Jy vloei in riviere af – strome wat kronkel deur klowe en ‘n poort, vloed wyd oor dale […]
Capucine se laaste tree
Motors flits soos dominoes vallend deur die nag, voetgangers haastig elk na ʼn eie lot oppad. . Agt verdiepings op staar sy af deur ʼn misvlaag – die uitsig asemrowend soos ligte van Lausanne die aandsfeer aanraak Die lug voel dun en kil vanaand – haar asem koud met elke teug soos die winterbries haar […]
Die winter is niks.
(2017/07/28) Die winter koue buite buite my is niks in vergelyking met die koue koue binne binne die gat in my wat gegrawe is die dag toe jy weg is dood is en ek gedwing is om te moet weet dat daar geen manier geen kans is vir jou om ooit ooit weer my in […]
Niks sal ooit weer dieselfde wees nie.
Soms soos gisteraand droom ek dat jy nie weg is nie jy weet weg is op die aarde nie maar dat jy net kwaad is vir my en ek mag nie met jou praat nie. Dan kan ek nog sien wat jou foto’s op whatsapp is. Soms soos gisteraand is jy steeds siek en wil […]
‘n Ma-herfs
They voice is on the rolling air; I here thee where the waters run; Thou standest in the rising sun, And in the setting though art fair. Uit ‘In Memorium:’ Lord Alfred Tennyson Die herfs weerkaats die oggendson geel deur die kamervenster terwyl ek my swart pak aantrek en voorberei vir die roudiens. Ek het […]
Onsienbare grypende donkerte
Onsigbaar sukkel ek om te loop deur pikswart teer wat kleef aan my enkels wat klou aan my voete wat probeer om my tot stilstand te dwing terwyl ek voortsukkel deur hierdie emosies hierdie wense en drome wat ek weet ek eintlik van moet vergeet maar ek sukkel voort terwyl die grypende hande brand om […]
Besoek aan ‘n grafkelder
Wit is die lelies in jou tuin; ek staar verwilderd na die windharp wat sag op jou stoep wanklank soos die giftige wasbleek warmte wat jy eens om my wou walm. Selfs vrede skuil hier in donker skaduwees van tuinstoele wat lustig na mens wink. Ek klop weer aan die toe deur perfek pas alles […]
Spontane ontbranding
‘n Begin warm, aangenaam en die slagoffer onbewus dat dit die begin van sy einde is…
Selfmoordbrief van ‘n Nar
Weet julle wat gaan ek mis? Die trillende brul van Mufasa elke oggend kort voor die son opkom. Die treurtraan van oggendwasem aan die binnekant van my ou Gypsy karavaan vensters. My polisiekoffie voor dagbreek, ʼn vroeë tandeborsel voor nog ʼn oninteressante dag. Vir vyf-en-dertig jaar was ek goed genoeg om almal te laat glimlag […]