Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Die dood"(Bladsy 62)

Skielik net Weg O, my hart, hierdie hart van my weeklaag sy hartseer in ‘n droewe elegie van dowwe, ritmiese, eentonige obligato dromslag hartklop by ‘n onafgebroke, voortslepende dreunsang verdriet, want lewenslange vriendskapsbande is summier verbreek, jy is skielik sommer net weg met verhuising na die anderkant – – – Janetta – Helena [Babs]©

  as blomme pyn kon stil sou ek langsteel lelies pluk en dit in erdekruike op die vensterbanke van jou roomgeel huis rangskik sou melodieë van weleer jou gebroke hart kon heel sou ek We’ll Meet Again, As Time Goes By en The Last Waltz vir jou speel as die lig van duisend vlamme tot […]

WINTER IN MY HART My hartseer bars oop soos ‘n ryp granaat vloei die verlange druppend op die grond die alleenwees rasper aan my brose siel my Vader, hoe moet ek nou voor U kom kniel die helfte van my is weggeruk hoe smaak ek hierná weer geluk wonde wat nie wil ophou bloei sidderend […]

STORM GEMOED My hart huil taai doringboom gom klewend, trillend van die pyn in my staar ek met dowwe oë die toekoms in verby die hoop van post TB se nuwe begin gedagtes soos krom vinger takke ronddwaal in gange van pynlik onthou verdwaas oor die skielike verlies tog te wagte, maar hoekom so gou? […]

Twee doodsgordyne wat eens oë was verstar sielloos, sienloos verby my blik en eens se lewensglans word dowweglas, tydsamig-gou tot onbegrip verstrik… Verward, verdwaal, het ek toe haar gevind (met min onthou!) in son se bloedig’ heet, haar kaak geklemd en hare ongebind, die rug verkrom …my en my naam vergeet! “Kom help, ek soek […]

Plaveisel karsinoom (KANKER) Soos diep verrotting in ‘n boom se stam weggesteek agter bas en blaar elke sel geskeer onder dieselfde kam die gif gesaai, vloeïend deur elke aar gekweek in die dieptes van ‘n donker hel sy lyf in ‘n bodemlose put van pyn gegooi is weer-eens ‘n trotse Seder neergefel geluidloos jou vernietigingswerk […]

Geraamte, ‘n raamwerk sonder vlees Almal lyk eenders, roomwit kaal. Bene van my mens Kom laat die lewe vir my vlees aantrek. Laat ervaring my leer Bou my gehue en laat my leef. Blaas my asem in en Laat passie deur my are pols Spier ferm, stokstyf tot euphoria… Beeld geheel, nou vleesig jong jare, […]

Nooit het ek werklik vriendskap geken, tot die dag toe ek jou vriendskap wen. Jy het nooit (ń) prys daaraan gehang, jy het nooit meer as net (ń) glimlag verlang. Op jou skouer kon ek enige tyd huil, al ons hartseer het ons uit geruil. Jy het altyd aan my (ń) simpatieke oor geleen, sonder […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed