Vanaand
Vanaand roep die klokke diè klokke van jou diè marmer diè onthou diè ruk aan die hart diè pluk aan die brein die uit-roep wat soekend waarom tog want as die dag-breek koes-terend om my weer-leef in staatsie staan is die blik reguit en die stroewe stilte die weer-weer-weer besef jy is daar nie-meer-hier-nie en […]
Die verbode vraag
En daar sal nag wees. ‘n Verderf van die vlees, verdoem, alleen in die gees alleen in die ewige vrees. Geskep en gebore vir lig en vreugde sang deur die ewige donker duisternis ontvang. Weg weg weg verban na die dieptes van die ewige sleg. Is daar ‘n God van genade, en durf ek in […]
Die goud en silwer van spyt
Gisteraand, nadat die die Sondagaandfliek op die betaalkanaal gedraai het, het ek sommerso op die sosiale blad gaan rondblaai. Dit was egter nie vir baie lank nie, want amper met die oopmaakslag het die hartskuddende en gedagtewekkende bekentenis van ’n kennis se emosionele wankelrit ná sy vader se dood die vorige dag, my genoeg rede […]
Eendag Op ‘n Reëndag
Eendag Op ‘n Reëndag Ons rym graag eendag op ‘n reëndag maar die onbepaalde woordjie eindig op ‘n verborge bepaalde spesifieke dag en is afwagtend gegrif in ons onderbewussyn — Jy lag en is vrolik, vier fees en geniet die goeie in die lewe maar jou onsigbare metgesel eendag is altyd aan jou sy— Daardie […]
Pappa is my fluister in die Wind…
Pa het die ewige lewe ingegaan en my met die pragtigste herrineringe gelos. Ja ek sal nie stry nie, soms is ek hartseer dan mis ek vir pappa, wanneer die lewe erg druk, mis ek hoe pappa my altyd kon dra. Vandag onthou ek pa se glimlag, en pappa is nou ‘n fluister in die […]
Die edel van amber
In Pole – waar dit koud is – aan die Baltiese-see se kus in ‘n land van baie sneeu en reën en mis het – miljoene jaar gelee’ – ‘n boom – in immergroen geklee – harstrane oor haar stam laat loop warm-goud in kleur en muskus was die geur harpuisgom het uit wonde van […]
SHOWVILLE
dis Showville in Bethulie en die hele dorp is daar op stoele netjies uitgepak – in rye – langs mekaar daar’s ‘n poet en ‘n sanger en drie rappers wat moet spook want die vyfman wat pantsula dans die houtvloer aan die rook maar buite in die kampkerkhof tussen graf van kind en vrou sit […]
WIE SAL VRA?
Wie sal na jou vra as stof tot stof en as tot as sy tolgeld vra en jy die prys betaal ? Miskien die wind wat soos ‘n kind plesiertjies in die stoffies om jou voete vind ? Miskien die reën met ruimte in sy hangmat vingers wat saamsmelt met die bitter afskeid van die […]
Een en alleen
Die afgelope naweek het ons gesin vir die eerste keer in ’n langtyd die kuier teerpad deur die res van die kolonie opgeneem. Die lag en gesels en saamwees was so lekker dat ek amper vergeet het dat ’n stelling wat iemand die ander dag gemaak het, nog skuins in my gedagtes ge-ets is… Rondom […]