Sweef op ‘n droom
Voel jy die saadjie verkluim diep in die sneeu begrawe sal jy tog ‘n sonstraal bring om sy wortels te kom lawe Hoor jy die straaltjie doer in die magtige oseaan stuur jou sterke seestroom om sy weg oop te baan Sien jy dalkies ‘n vonkie in die stikdonkerste nag voorsien aan hom ‘n vlam […]
Gister-waens
Op koue kronkel ysterspoor vol roes en woes erodeer rol gister- waens hoeka verlore se wankel wiele eens weer By die eerste aandoen stasie wag daar staande ovasie met polka-kol rokke in rooi helder lipstiffie , wig-haak getooi So flits stasies van vêr verlede in oogwink onge-orden verby heildronke en luide lawaai wuif sy vol […]
Voëltjies vergeet
oor die dor van Vrystaat vlaktes huil die winterwind – so skraal – weer ritselend deur pluime gras in rou gekleed, en vaal ‘n koester vlieg steeds weer en heen alsó deinend is haar vlug oor gister sal sy nimmer ween – in elke droom vind ek dit t’rug © C. Shaw 13 April 2016
My vlerke wil nie flap
En tydens hooggety in die bulderlag van wilde lugstrome sweef ons sorgvry ek blaas jou naam duskant ‘n veer van ‘n meeu se vlerk regdeur wolke totdat dit ontplof in die driveway van my dagdrome
Liefde se voetspore
In die reënwoud se klam het twee voetspore gehang in die watte van groenmos afgeêts, vasgevang In die wolke se blou-grou kon soet spookasem- wind gedagtes van gisters stokkie-taai verbind Met grys gruispad se grof stapel klippe reeds gekou tussen kosmos daarneffens wieg weelde – beelde onthou Langs die spierwit geraamtes op Skedelkus se strand […]
Dagdroom Illusies
Alles is onheilspellend stil my gedagtes lê gemaklik opgekrul in die holte van jou meestershand wat lol met my gesonde verstand. My denke dagdroom idilies illusies van jou en my op ñ duin waar ons slegs die see se hyg en die geklots teen ñ rots saam die klop van my hart teen my bors […]
Dapper Drome
Ek lê in die nanag van jou liefde en verryk my in die weelde van jou droom. Volg die kontoere van jou lyf tot by die oase van lewensgewende rykdom in die volheid van jou wysheid. Ek verlustig my in die warmte van jou slaap se vreugde wat uitgesprei lê in die arms van Morfieus. […]
Jy blaas en blus my vlamme
Is dit die landskap van die strand in jou lyf wat onder die streel van my vingers verstyf want met die goud-grof van jou skitter sand blus jy die vuur-vlam van my passie-brand. Neem jy my op reis met perfek gekose woorde lei my deur jou soutmansland na groen wingerde en boorde na daar waar […]
Ek ken jou soms
Wie is jy? Wese waarvan ek droom – meerman wat bly by die see en nooit skroom om grepies uit sy dag vir my te gee. Jy kom lawe my roos woestyn met die teerheid van ñ gentleman ‘s touch wat rakelings die ruwe rots van my bar siel laat verbrokkel. Jy soutsproei die dorings […]
Drie dekade boek
In ’n drie dekade boek vol ritmiese ratwerk reëls bly antwoorde steeds soek want die hoekoms en waaroms – spel die toekoms se daaroms Vergeelde blad vir blad is souttraan deurklad elk’ liewe paragraaf met wysvingernael – reeds suf geskaaf Die rugkant erg verweer tot die agterblad makeer party blaaie is uitgeskeur maar die boek […]