Deesdae se vrae (Onbeantwoord)
Geen gedagte-stilte is meer in my mal kop te bespeur wanneer jou stem knus lepel in my oor kom lê. Ek het weer op planete begin wens die melkweg se sterre getel want deesdae is daar baie gekromde uitroeptekens saam al die ander wat kordaat regop staan om hartjies langs jou naam te spel. Wonder […]
Gedagtelose strande
In gedagtelose oomblikke Poison Ivy jy om die golwe in my brein vat jy my hand mosselskulp dit toe in joune wys jy my jou droomland se strand vat my sagkens om my middel daar waar my rug soepel buig dan lei jy my jou seestrome in jy, my meerman en ek, jou meermin.
As jy tussen sterre ‘n draai gaan maak …
oom Frank het gesê “fly me to the moon let my play amongst the stars” hoe het hy geweet my hart wag vir jou daar as jy later vandag tot by die maan vlieg bring vir my ‘n klippie saam skryf daarop ‘n liefdesbrief as jy tussen sterre ‘n vinnige draai gaan maak onthou om […]
Drome is bedrog …
as drome waar was, was jy nou hier by my en sou ek my teen jou bors kon vly as drome waar was het my oë geblink en sou my gedagtes vonkelwyn skink as drome waar was, was my hart nie seer en sou ek nie kon wag vir volgende keer as drome waar was, […]
Skeepswrak Transformasie
Tussen erosie roes metaalskerf van eens reuse, trots vegskip – het haar verlange vasgekleef tussen vaal seewier en koraal, was haar drome vasgeweef In die oopbek splinter skatkis tussen edelsteen en munte – het toeka se skitter pêrels aan flenterstring goudketting leweloos, net daar gehang Soos verweerde skeepsanker begrawe in soutsee sand – is haar […]
Dit moes liefde gewees het …
ek kry jou fluister op my kussing ek sien die winter op die grond as ek wakker word is ek alleen die maan ‘n groot bal, koelrond daar is stilte in die lug in my kamer, rondom my tog hoor ek jou nog fluister in ‘n droom so pas verby ek kan nog altyd dink […]
Die mooi van die donker
Ek weet ek smag na die passie en die hunker die verlange van voel terwyl ek moet lewe om te strewe na vrede en rustigheid maar ek soek die seer van (te) lief wees en na die vraag binne jou wat ook in my is terwyl ek weet ek moet vergeet van die magiese donker […]
Agter die pienk deur
Lalie trek die deur versigtig toe, saggies sodat sy nie ’n geluid maak nie. Haar huismense slaap nog, want dis nog vroeg. Dit is net na ses en die son is nog nie behoorlik op nie, maar die flou oggendlig is genoeg vir Lalie om te sien wat sy doen. Haar hand rus ’n oomblik […]
Kuierplek in my hart …
bring jou matras en bring jou kombers bring jou gunsteling kussing met die sloop van pers bring jou eie koffiebeker en hout van die ou kremetart en kom maak vir jou ‘n kaggelvuur-kuierplek hier diep in my hart © borrels
‘n Donkerrooi steen
Gisteraand het die maan ontplof dit was ’n helder slag soos die flits van ’n kamera in die nag … al wat nou oor is van die maan – ’n donkerrooi steen wat gebroke in die donker lug hang – Die slag se krag was so sterk dit het tot op die aarde gestrek en […]