Die maan se speelgoedkas
jou laggies was jasmyn wat huppel oor die gras kosbaar ons samesyn toe jou liefde net myne was elke aand met slapenstyd moes ek storietjies vertel van prinsesse en jolyt die hemel en die hel Refrein: dan sing ek sag vir jou van droomland en onthou dat lugkastele pas in die maan se speelgoedkas nou […]
Opdrag 3: Haar meester
sy sloer-sleep voetgang laat moeisame spore tussen klip en rots, beurend voort immer voorwaarts verlore en verlate in hierdie godssonder woesterny onder ‘n skroeiende son, vind sy hand ‘n kruik eens verlore wyl sout sweet biggelend sy lip benat hy kragteloos neersak, dan sit, sat vryf sy hande smekend oor die kruik voor hom soos […]
O tyd … o tyd, staan stil (OPDRAG 3)
tik-tok, tik-tok vreet ou langeraat die sekondes op hou ons daagliks onverpoos aan die draf, sonder rus of stop met ysere klou, klou hy verbete aan ieder en elk se gewete toon wynig simpatie of genade vir slakkepas se agtergeblewe dade ‘n horlosie dié wil ek hê uniek, sodat ék self kan hê ‘n sê […]
opdrag 2
neffens die karavaan van onverstaan het spore weggeraak tussen sand en berg, waar onthou-vergeet swart skoene los teen die adres van môre wyd het stiltes geskree; wens het geskink tot waar die weet van sandaalspore (gegiet in plêstiek) my altyd-vergeet sal vreet en gister? Vrede: nuwe inwoner.
Rooihoedjies en Rooikappies
Veronica is besig om dit te verloor. Sy sit in die middel ry in die minibus, nie eens langs ‘n venster nie, omring deur haar sewe Rooihoedjie vriende. En die massiewe pers rugsakke wat elkeen gekoop het vir hul toer. Miskien sou sy kon gewoond raak aan die klein spasie as die grootste treffers van […]
Die Begin van die Einde
Bewend trek Daphne Beskermer-leer aan. Tussen die belaglike koue en die verskriklike nagmerries wat sy nie kan ontsnap nie, was haar nag absoluut aaklig. Soos sy deur die Oniks Labirint loop sien sy, ten spyte van die koue wat haar nogsteeds beet het, dat die steen mooi herstel het na die aanval deur die groumolle […]
Diepe Skoonheid
Daphne word wakker en besef dat die aardbewing in haar droom eg is. Sy trek vinnig aan in haar Beskermer leeruitrusting en verlaat haar kwartiere. Feë hardloop vreesbevange orals. Die steen wat die Oniks Labirint maak bewe asof dit in pyn is. ‘Kommandant!’ gil Daphne deur die statiese elektrisiteit wat inmeng met die Beskermer verstand-skakel. […]
Stoutigheid en Stiksienigheid
Daphne loop versigtig by ‘n gang af terwyl sy teen die muur bly. Sy is seker daarvan dat die een wat sy soek in hierdie verlate deel is. Sy haal diep asem en gaan om die draai. ‘n Haas sit alleen in ‘n grot en kou aan reuse klawerblare. Die Beskermer gluur vir die donkerbruin […]
Moeilike Maan
Moeilike Maan Ek kyk af na die monsters vergader in die binnehof. Dit was makliker om hier op die balkon te staan. Dit verseker dat hulle onthou dat hulle altyd moet opkyk om my te sien. ‘Wesens van die Nag, ons werk is vir ons uitgesny. Die planeet is besig om dood te gaan. Mense […]
Tinkerbel
Uiteindelik het ek myself weer gevind met my arms gevou om my kind my siel verstaan dié heilige liefdesdou van soete woordjies wat aan my wese klou. Wyd het ek vervreemd verwaai, eentonig soos ‘n ou gesang in die donker het ek met dorre hande rondgetas, bleek-bang deur ‘n skim-naelstring het ek gehoor hoe haar […]