Bessie: 7
Dit is weer Maandag. ’n Week is verby sedert haar ma oorlede is. Vanoggend toe sy wakker word, het sy vir ’n oomblik vergeet waar sy is. Dit het haar ’n tydjie geneem voor sy besef het sy is in die koshuis. Sy het opgestaan en aangetrek en saam met die ander kinders eetsaal toe […]
Bessie: 6
Die Saterdagoggend kom maak juffrou Malherbe haar wakker. Sy gee vir Bessie koffie en sê sy moet aantrek, hulle gaan sommer vroeg al by die koshuis ’n draai maak. Bessie staan traag op en trek aan. Die koshuis is loopafstand van juffrou Malherbe se huis af en hulle stap sommer die entjie daarheen. Op pad […]
Heilige ibis*
Die son kom op net waar sy wil en wys haar mooiste kleure oor Blue Downs* en Driftsands* se duine. Sy strooi haar gloed oor wilde tuine wat weinig meer as sand en boegoe is. Sy steek haar kop deur rook en mis en vly haar skoonste lig oor roet en as – dáár waar […]
Jou dade het die Woord opnuut vertaal
toe alles woes en leeg was het jou wese in die takke van die boom van kennis van goed en kwaad (daar waar die Gerubs waak) gaan lê jou liefde vir my geoffer in heilige offerbakke met die geur van jasmyn en kleur van die mooiste robyn in die vloed van jou oë het jy […]
Bessie: 5
Die man kyk na Bessie. Niemand sê iets nie, daar hang ’n doodse stilte in die kerk. “Goed, ek sien julle het mekaar al ontmoet!” hoor Bessie mevrou van Eyk se stem agter haar. Die maatskaplike werker kom die gebou binnegeloop. Nie die man of Bessie antwoord op mevrou Van Eyk se opmerking nie. “Wanneer […]
RESENSIE: Die Seun met die Fiets, die film
Die Seun met die Fiets Cyril (sê „Suuríél“) is so elf, twaalf jaar oud, en sy pa het hom „voorlopig” in ‘n koshuis gebring omdat hy met sy eie lewe nie kon klaarkom nie. Wie sal hy nog ‘n kind grootmaak? Na ‘n maand kry die seun gedurig „geen verbinding onder hierdie nommer nie” wanneer […]
Bessie: 4
Woensdagoggend. Dis vroeg, sommer nog donker en Bessie lê wakker. Sy hoor die bosduiwe koer, so dit kan meer te lank wees voor die son gaan opkom nie. Sy wonder wat het van die duif geword wat teen die venster vasgevlieg het en of hy seergekry het. Sy lê en dink sommer aan alles en […]
Bessie: 3
Dinsdagoggend. Gisteroggend dié tyd her haar ma nog geleef, dink Bessie. Dit is die periode net voor eerste pouse, Sy het nou Engels. Die juffrou praat aan en aan, maar Bessie hoor nie ‘n enkele woord nie. Sy dink aan gister en al sy gebeure, haar ma en die gesprek gisteraand met juffrou Malherbe. Toe […]
Bessie: 2
Twee ure later sit Bessie in die passasiersitplek van juffrou Malherbe se motor. Daar het ‘n tannie, ‘n maatskaplikewerker, by hulle woonstel aangekom na juffrou Malherbe vir Bessie van die ongeluk vertel het. Die maatskaplikewerker-tannie het gesê sy moet vir eers by iemand bly tot alles uitgesorteer is. Bessie het net haar ma gehad, nou […]
AL MAAK DIT JOU KNIEË HORREL
Die eerste opdrag vir skoolkinders na ‘n vakansie, is gewoonlik om ‘n opstel te skryf oor die vakansie se gebeure. Hemel behoed my, ek het dit verpes, maar as ek nou oor my Desembervakansie moes skryf en vertel wat alles tussen Kersfees en Nuwejaar gebeur het, sou my opstel beslis volpunte gekry het. Nie oor […]