sterre reën
saffier smarag blou en groen die dag liefde woed sug ‘n robyn se gloed vol krag is my gees ek dra die vlag vreesloos my hart sterk van moed geloof dapper skarlaken lewe bloei woestyn van pyn skroei en vloei koud hartseer en alleen reën en reën sterre trane glinster blink in jou oë diamante […]
Toe ontmoet ek jou
‘n Begeertes-kreet skeur deur my gemoed Verpletter al my drome en die dinge waarna ek soek Toe ontmoet ek jou! My hart rou geskree na liefde Hees stem en modder-streep trane Toe ontmoet ek jou! Gebreekte sonstraal-vingers geknak deur dik gordyne Verlange-gebede in die donkerte, kamer sonder kosyne Toe ontmoet ek jou! Ek wil jou […]
My dagboek oor jou (6) …
My dagboek oor jou (5) … Iemand sê gister: “Dink jy nie dis tyd dat jy nou aanbeweeg nie?” Hoe ondeurdag. Hoe bitterlik onvanpas. Hoe onnadenkend kan mense wees. As “aanbeweeg” ‘n opsie was, sou ek dit nie lankal gedoen het nie? Sou ek dan aangehou het om dag na dag te lewe vir hoop. […]
bruid en vrou
myne en ek hart siel een vlees geduldig sy een met my gees bruid en vrou vir my gehou vertrou my geloof in jou glo in die droom die hemel die bron tuine van babilon verblindende son die lug die oseane water’s weë reënboog die hemel die seë diamant lag stralend skitter vuur belowe ons […]
September
Deur dowwe grys van swaar wintersdae breek skugter, die nuwe blomgesiggies deur, die spikkels van die lentereën vorm ‘n groen mirage van nuut gebore seën ‘n sonbal wat oor dorre vlaktes rol, dans duwweltjiesblom baldadig dog kuis tussen skoenlappervlerk geruis waar eens dorings en distels was, bot ‘n duisend en meer grasgroen blare teen skurwestam […]
Die skemer skimmel
Takke kraak klippe rol! sag sif in skemer’afgrond korrels sand Hier waar ek loop langs die soom van die see voel die asem van die wind onrustig warm Waar die kleur van hoop inkruip in ‘n skilpad’dop maar dis die kleure in jou hand wat steeds weer inslag vind
Jy ken my pers
Jy koester my in teder sillabes van jou stil-verstaan kom plant vir my blomme in ‘n vergulde Lunabaan – wys só dat jy my psige kan vertaal. (Gemeet op ‘n skaal van een tot tien het jy tóg my binnekant verskuild gesien) Dan as moegheid soos ‘n ou-ooi gaan lê kronkel jy my toe in […]
Donker swerftog
Waar branders witperd oor my ry gooi ek my woorde vir die wilde wind trap my doekvoet spore in growwe sand wat pynlik soos konkavure brand. Sou ek wou weghardloop – net stil verdwyn. Sal jy my kom soek onder die lae en lae van kommer wat dreig om my te verswelg soos die hitte […]