In my wêreld
Here, dit voel asof ek nie kan sien wat U wil he nie Dit voel asof ek nie kan hoor wat U wil se nie Ek het weg geraak in my eie wêreld Here, niemand het eers na my kom soek nie! Dit was so stil, Here Ek was so alleen Het iemand ooit geweet […]
‘n Skietgebed
Ek bid dat Jesus ‘n draai by jou kom maak en saggies met sy liefde aan jou hart kom raak Dat hy sommer op die stoel langs jou bed kom sit en jou drome waar maak soos jy hulle bid En as hy met sagte oë in joune in kyk hoop ek jy voel hoe […]
DROME
DROME Jou droom is dood. Jou ideaal tot niet. Jy is verpletter en verslaan. Al wat ‘n deur is, het net toegegaan! Jy duisel teen ‘n muur. Daar’t niks meer oorgebly – geen poort wat na vervulling lei. Maak oop jou oë. Kyk om jou rond. Daar êrens in die duisternis is nog ‘n skrefie […]
BOME IN DIE WIND
BOME IN DIE WIND Soos bome in die herfs, wat, bewend in die wind, gestroop, geledig word van elke enk’le blaar, so is die Heer se kinders: Bome in die wind. Die winde ruk en pluk. Die takke buig en beur, so weerloos in die wind. Die bome kerm: Nee! Dit is genoeg! Ek kan […]
HEEL DIE TYD ‘N WOND?
HEEL DIE TYD ‘N WOND? Jy’t seer gekry. ‘n Wond het jy waarvoor daar geen genesing is. Miskien glo jy dat tyd die wonde heel? Miskien vra jy: O Vader Tyd, kom heel my met die tyd. Hy antwoord jou: Ek kan nie heel – ek dryf die pyn net na vergetelheid. Vergeet is nie […]
Hy is Die Krag In Ons Hande
Elke keer as ek geval het, het ek opgestaan, iets het vir my gesê ek moet weer probeer, as ons nie aanhou probeer nie, is dit wanneer die duiwel sy tande in ons slaan, ek glo Pappa het vir my gesê om op te staan, Hy het gesê ek is sterker as dit, ek glo […]
GOD IS ALTYD DAAR
GOD IS ALTYD DAAR Dinge kom nie altyd reg, maar weet verseker: God, jou Vader, gaan net nooit nie weg.
Fluisterstem
onder die wakende oog van pienk-wit jasmyn wolke dans tenger grassade en volg ek die rigting van jou stem wat liefde in verhalende trappe spel neem dit my na nuwe hoogtes, dra dit my met sagte engelvlerke op die simfonie van die wind waar engele met fluisterstem sag deur my hare kam © Anzé Bezuidenhout
GENESING
GENESING Jy was eensaam en wanhopig. Jesus kom en raak jou aan. Jy’t diep gedaal in put van pyn. Hy kom en haal jou uit. Jy was gekneus, jy was gebreek. Hy kom en Hy genees. Sy sagte hand die raak jou aan. Sy sterke hand die haal jou uit. Sy liefdeshand genees jou nou.
Simson’s heuningstroop
sonder frustasie of swart gemoed ken jy die kronkel roete na my hart wasem die soet van jou asem oor die palm van my wang met ‘n sagte vlindervat blom begeerte roospienk soos perskebloeisels in jou kyk smelt ysriviere tot smeulende lawavure waarvoor tot die gerubs wyk in tsunami vloed jou hartstog oor die sagte […]