KORINGKORREL
KORINGKORREL Die saad moet val en sterf; dit moet die grond eers in. Die einde van die korrel is ‘n nuwe, heerlike begin. Die dood van onse Heer was nie die einde nie – dit was die heel begin van sy verheerliking. O mens, verstaan dit tog: te sterf, is om te leef. Ons volg […]
KOMPENSASIE
KOMPENSASIE O Heer, U neem soms dinge van ons weg. Sal U tog kompenseer? My kind, Ek wil vir jou die beste gee – iets beter as wat was. O Heer, my grootste wens is slegs Uself. Met niks wat minder is, kan ek tevrede wees.
HEDE
HEDE Is jou toekoms uitsigloos, met niks wat vreugde bied? Jou gister net ‘n skim, met sond’ en smart wat knel? Kom wend jou dan na Jesus. Gryp Hom vas met al jou mag, en leef in d’ hede – saam met Hom!
Oor die rand van die groot swart berg
Stadig klouter die goue glim oor die rand van die groot swart berg en verdwyn soos ’n sluwe skim, die nag wat hom vir dag vererg. Stadig groei die goue skreef tot volronde boepens bal. Ontwaak hy als wat leef, skep hy afwagting oor berg en dal. In die goue lig van sy glorie, word […]
Op die asem van ‘n Pinksterwind
waar Pinksterwinde in lank vergete doringskrif vergifnisbriewe oor die aarde skryf hier waar sonde so welig bloei seerkry-wonde om genesing stoei as daglig dan skaam verby beloftewolke loer om stuitig vir die son te koer staar ons met splinteroë deur gebroke rame sien slegs ‘n spieëlbeeld van eie ego (in lasuurblou) vir dit – wat […]
Briefie vir jou (1) …
die oggend het gekom sonder ‘n blink sonstraal en dis op sulke dae dat verlange my inhaal dis die kere wat ek jou so graag by my wil hê sodat ek met jou kan praat sonder om ‘n woord te sê dis die kere wat ek net teen jou bors wil leun sonder om te […]
Verweerde Tuiskoms
Haar voorkoms is so bruin soos okkerneuthout-bome haar gelaat soepel en glad soos ‘n droom. Die begeertes van haar hart vloei in strome deur haar oë en vorm poele voor die skeefgetrapte skoene aan sy verweerde voete. Sy spore lê in groewe oor die landskap van sy reis. die vore langs sy oë getuig van […]
Ek is die storm in jou.
Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel vernietig. Ek sny jou met my warrelwinde en maal jou gedagtes fyn. Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel verpletter. Ek breek jou hoë mure af tot op die grond en laat jou weerstand verbrokkel. Ek is die storm wat […]
Skryf iets positiefs
Skryf vir ons iets positief Iemand wat ek ken stel die ander dag voor dat ek iets positiefs moet skryf. Deur die klompie jare wat ek die lus en leef van die griffel van gedagtes en gevoelens en ervarings as perdjie sonder stok beoefen, kon ek nog nooit my gedagtes regtig so ver kry om […]