Boskwatryn
Op Bosveldpaadjies, oopgetrap wil ek weer sorgloos kaalvoet stap – net een maal nog ‘n hoep-hoep hoor, saans die as uit koue kole krap dis wolk en wind wat my bekoor langs sekelbos het ek my hart verloor, kanniedood en wildevy só sal die liefde met ons toor Elizabeth Kendall ©
Spatsels
Bloedrooi blom granaatroos langs ons slaapkamer, deur die oop venster in die kombuis ruik ek verbleikblom se gisters in oorvloed, vandag en môre se geur en kleur, die eerste rose nà ‘n wilde winter beur na lewe en in die grasgroen perskeboom kwetterfluit vrolike vinkies hul vreugdeliedjies douvoordag- sou jy nou lag en sing in […]
Vandag het nie ‘n kleur nie
Kaal takke gryp na bo soos aanhou glo al waai die wind en hang ‘n donker wolk oor alles hier waar droë blare warreldraai en wag vir ‘n goue sonskyndag Elizabeth Kendall ©
Dooie drome
Elkeen van ons (ek en jy) was eens albei net van jou, want mense soos jy dans deurnag saam die duiwel rond, en vir my om wakker te lê in ‘n hol hart wat my met elke klop belieg is die doodste droom wat ‘n siel kan droom. Misien was jý ook al daar lank […]
Die laaste klip
Bly doodstil. Kan jy dit ook hoor geraamtes uit haar kas soos Judas, Pilatus, Petrus en Brutus wat uit al wat gat is bars – korrel vir korrel veg sy ses voet na bo. Saam met blink gevryfde intensies en ontrafelde verwagtinge beur sy deur klippe en kluite wat uit huise van glas op haar […]
die mot
‘n swart mot het in my ontwaak uit die nat van geboorte om ‘n boodskap te bring van P Y N wat vuurwarm wit skroeiend swart brand deur my hart van T W Y F E L en V R E E S oor wat mag wees ‘n stomp mes wat kerf deur senuweedraad draad-vir-draad […]
Eenling
Stilte drup klankloos, tydsaam stilte vou leë arms om my menswees dit druk my vas in die gang, die kombuis, voor die rekenaar – mense lag en steek kerse aan die brand karre ry verby, facebook word ‘n feesmaal van vrolike gedekte tafels en vakansies-by-die-see “dit sal beter word!” in die nuwe jaar kyk hoe […]