Kersnag in die Karoo
Heel die hemel kyk neer oor vaal bossies en klip na ‘n stal en ‘n windpomp naas ‘n kraal en ‘n krip. Al die melkweg se sterre skitter helder daarbo – oor ‘n stofpad wat kronkel deur die dorre Karoo. En elke naguiltjie roep sodra die son ophou skyn en laat gesange vol hoop deur […]
SOEK EK NA JOU
SOEK EK NA JOU vers 1 Soek ek na jou in honderde gehore Sonder jou, is ek heeltemal verlore smag ek so, na jou stem in my ore so is my drome opnuut gebore vers 2 Soek en na jou in honderde gehore sonder jou, is ek heeltemal verlore soek ek na jou, om my […]
eensame klimmer
net soos almal voor hom reik hy na die trappe trappiesgewys klim hy hoe hoër hy gaan hoe meer gaan staan hy hoe minder kyk hy terug oë net gerig op boontoe daar iewers in die mis waar hy nie kan sien soontoe is hy oppad dan glip die mis hy kan sien voete los […]
Vir jòù op jou verjaarsdag
My wens vir jou, my lief vir die jaar wat voor jou lê, is alles wat jou pragtige hart nog ooit wou hê. Geluk en blydskap meer as waarvoor jy vra vrede en liefde om altyd saam met jou te dra. Mag God se rykste seën neerstort oor jou, mag hierdie dag een wees wat […]
Kerswens
‘n Kersfees wens lê ek voor jou voete neer. Mag God jou ryklik seën, jou hart vol vreugde reën, jou siel se vrugte blom jou vyande vir hulself grom jou sorge wegkwyn. Mag jou drome jou dra en jy meer jyer wees om oor te loop van genade, geluk en vrede. Seënwense vir jou, vir […]
Die bou van ‘n vrou
As jy kyk liewe vrou na jou spiëlbeeld, sien hoe die Vader Sy arms om jou vou voel hoe Hy jou koester, want Hy het jou gemaak sorgvoldig aan mekaar geweef sodat jy op arendsvlerke sweef. ‘n stukkie van die môrester en Sy hart se punt ‘n vegters vuurstorm met ‘n sagtheid soos die wind […]
Denensie nr 5
Kyk, hier is my hande saamgevou voor my prewelende stem, hoor jy my krete saggies na binne ruk? Voel jy my woorde wat hoendervleis oor die hemelwand hef? Proe jy my trane wat wanglangs drup oor niks; oor jou; oor alles en almal want jy het siels-stil geword en ek hobberend in ‘n hel van […]
hey – ou
hey-ou hoe-sê-jannie-nou bielie vat vlam vanaand hey-ou hoe-sê-sannie-nou boertjie vat vrou vanaand daars-hy bielie van oom jan vermaas hy dans soos die wind oor gladde vloer hy pronk soos ‘n springbok oor die veld hy wat boertjie is se nooi van gas hey-ou hoe-sê-jannie-nou bielie vat vlam vanaand hey-ou hoe-sê-sannie-nou boertjie vat vrou vanaand vlugvoetig […]