Kaggel wyn
Die nag is warm en kleef aan my vel dis alleenheid se asem wat oor my moeë liggaam blaas en my hoendervleis laat uitslaan. Alleenheid. Ek is nie eensaam nie ek verlang net na jou. Oë toe probeer ek jou voel probeer ek jou weer ruik. Ek weet jy is weg. Weg. Daai weg wat […]
Bosveldliefde
daar lê ‘n stilte in my hart se verlang na waar graskoppe wuiwend dans op die ritme van ‘n somerswind ver weg van stadsgeluide en klingende geld hier waar die dors van my siel ge-les word in savanna veld onder die geel kruin van ‘n Soetdoringboom iewers stil saam neurie aan die verdwaalde Wilger se […]
Die storie van my.
Ek het diamante in my hare en blomme in my oë. Daar is sterre in my lag … maar (ek dink) hulle het vergeet hoe om te blink. Daar is musiek in my loop, ’n gedig in my stem en die storie van my verlede kan gelees word op my vel. Daar is hoop in […]
Jy is 22 …
hoe graag sou ek vandag jou teen my bors wou druk om sommer net te sê My pop, baie geluk geluk met jou verjaardag jy is nou al 22 jaar oud en steeds is jy vir my in my hart ‘n stukkie goud ek hoop dat jy lekker verjaar en al die geluk kry wat […]
Die vier seisoene storie.
Daar is vier strande in my hart. (Amper soos die spoke in daai cliché Kersfees-stories.) En as ek moet begin sal ek sal begin by die verlede my verlede op die warm strand met spierwit sand wat jou voete brand. Daar waar die water warm is en die bome skaars is. Die strand waar al […]
As ek (1) …
as ek ‘n lovesong vir jou skryf en dit vir jou sing sal jy ‘n strik om jou hart bind en dit vir my bring
Visvanger
ek sien jou sit in neonligkantore en staar deur ruite die uitsig is so vaal maar jy hoor steeds die stormreën en donder en op die dak die gekletter van die hael jy neem jou vlug oor hemelhoë geboue oor vuil teerstrate en bruê van beton tot waar die son skyn oor somervelde en […]
Splinternuwe dag
waar die son skaam haar maagdevlies in pienk oor horison kom skeur word daglig na roosrooi verkleur sprinkel sy traandruppels in diamant-reënboë oor tenger stingels van die grastapyt dan ontvou sag die mooiste deel van ‘n wonderskone splinternuwe dag © Anzé Bezuidenhout
Die vlaktes van my hart
My rooi-rooi hart speel-speel in die watervoor ‘n fluistering saggies teen jou hart se venster oor die kanteling van jou glimlag kom die liefdes reën oor vlaktes gejaag en die wind roer ligpatrone wat dof’glimmer in die groeiende skemer
Net jou hand …
die see is rof-onstuimig soos die storm in my hart die seevoëls raas aspris met skril stemme wat my tart ek het jou gemis vanaand die see was sommer grou die branders ken ‘n nuwe lied ons het dit saam geskryf vir jou ek wou die boodskap by jou kry die golwe moes dit leer […]