Lettergreep gebare
Jou sekelmaan glimlag ondeund saffier-sterre wat polka om pupille gooi goudgeel prag- in dor- droewig dag Jou piesangtros- hande se gebaretaal praat met lettergreep vingers wat sketsend beduie as toeka se getuie
As Ek Soggens Ontwaak
As Ek Soggens Ontwaak¬¬¬¬ As ek soggens ontwaak is jy die eerste een op wie my oë liefdevol rus al is jy nog in droomland— Jy is die liefde, vreugde en rede waarom ek my dagtaak kan aanpak. Elkeen gaan sy weg waar werk en pligte roep met die seker wete vanaand kom jy huistoe […]
Laventel
LAVENTEL. vanjaar bos laventel mals heuphoog in die vleie van my hart, persblou skakerings wink welig oordadig om jou sag neer te vly verlustig in die vrede, aroma van gekneusde blaar stam en blom wat welriekend geurig jou verkwik. naby my hou. ©linda
Fluisterstem
onder die wakende oog van pienk-wit jasmyn wolke dans tenger grassade en volg ek die rigting van jou stem wat liefde in verhalende trappe spel neem dit my na nuwe hoogtes, dra dit my met sagte engelvlerke op die simfonie van die wind waar engele met fluisterstem sag deur my hare kam © Anzé Bezuidenhout
ZELDA HFSTK 3
Paul sit agter die kroegtoonbank toe Zelda n halfuur later haar verskyning maak in n vrolike rooi rokkie, die soom so bietjie meer as handbreedte bokant die knie en wat elke lyn van haar liggaam beklemtoon. Die swart hare tuimel soos watervalle op haar skouers neer en het sy n bloedrooi roos in die hare. […]
Simson’s heuningstroop
sonder frustasie of swart gemoed ken jy die kronkel roete na my hart wasem die soet van jou asem oor die palm van my wang met ‘n sagte vlindervat blom begeerte roospienk soos perskebloeisels in jou kyk smelt ysriviere tot smeulende lawavure waarvoor tot die gerubs wyk in tsunami vloed jou hartstog oor die sagte […]
Briefie vir jou (2) …
soos soveel ander Sondae raak die dag teen namiddag leeg en dis dan wanneer ek in die hoogste graad intense verlange begin pleeg en toe ek netnou die son sien waar dit agter die bome wegkruip kon ek voel hoe jou verlange ook hier na my kant toe sluip ek kon aan jou arm raak […]
Sagkant van jou hand
sagkant van jou hand I closed my eyes softly and fell in love with the way I remembered you: body, soul and all – C. Pointdexter verlange kom soos onweer dreigend oor die hunker op horison se grys, kom glimlagte van beelde, heimlik verbloem, in die gange van geheue… dansend deur die vlaktes tussen kosmos […]
Die liefde bly my ‘n giswind…
My vensters bly klater met toe deure wat klap tussen die geskater oor ‘n sieklike grap en perlemoen lê die see, halfmaniggeboog; ag, wát sou ek nie gee vir daai vonk in haar oog!? Blinklyf ry die branders onder vier-uur se son as ek pyn -ja, ek pyn!- oor ‘n liefde wat kon as ek […]
Verbrokkelde werwels of geheueverlies
Esmeralda bekyk haarself in die kleedkamer spieël en die pyntrek in haar oë word duidelik terugweerkaats na haar. Op 45 jarige ouderdom voel sy andersins perdfris en gesond en nog vol energie om saam met haar kinders krieket en netbal te speel, dis net hierdie alewige pyn in haar rug wat haar menige dae onderkry. […]