Gister-waens
Op koue kronkel ysterspoor vol roes en woes erodeer rol gister- waens hoeka verlore se wankel wiele eens weer By die eerste aandoen stasie wag daar staande ovasie met polka-kol rokke in rooi helder lipstiffie , wig-haak getooi So flits stasies van vêr verlede in oogwink onge-orden verby heildronke en luide lawaai wuif sy vol […]
My hartedief
koesterend speel die sonstrale oor die kartels van my lyf met warm vingerhale word koue uitgedryf elke oomblik vasgevang soos ‘n helder reënboog in my hartkamer gehang laat ‘n vonkel in my oog neurie ek jubelend saam geniet elke kosbaar oomblik vergeet van verborge traan want die lewe is heerlik ja, die lewe is ‘n […]
Voëltjies vergeet
oor die dor van Vrystaat vlaktes huil die winterwind – so skraal – weer ritselend deur pluime gras in rou gekleed, en vaal ‘n koester vlieg steeds weer en heen alsó deinend is haar vlug oor gister sal sy nimmer ween – in elke droom vind ek dit t’rug © C. Shaw 13 April 2016
Moppie vir haar ghantang
dit reën damme klots tot boordensvol en klippies kring wyer as haar gedagtes berge kloof deur bloedjong dae en sy loop kaalvoet deur die laan, pluk waterblommetjies in donker water, sy bring die Boland na jou toe, my lam robyne swem in haar glas, druif staan ferm geswel – nagvog kruip weg onder haar vel […]
Afrodisiakum
sommer so sonder rede sommer tussen gister se storms en vandag se nimmereindigende vrede met ‘n koddige systap en trippel ‘n skalkse glimlag sonder rede verskuil in ‘n ondeunde koekeloer gehekel met aweregse stekies teen reguit lyne weggesteek in onontdekte plekke agter raserige skarniere van verweerde hekke rug aan rug teen afgewitte mure iewers tussen […]
Toegeblaarde Emosies
Kon ek jou geilrypwese met my knipmes skil en so jou dan in ragfynskyfies naatlangs kloof, dan kon ek dalk die smagting diep hier binne stil; sou ek my siel se eindloos soek na jou kon kloon tot helder meersang van die kleurvol’ kardinaal om ongebonde enkelsiel in jou te woon. Maar nou’t die doodgaan […]
Dis sulke doef-doef geluide.
Vrolike spierwit skoenlappers smash een vir een vir een v i r e e n teen my windskerm en skiet gate in my hart. @ Anria
Vier seisoene koester
Stuur ‘n Rooiborshoutkapper sodat sy ritmiese klop met skerppunt snawel hartsluike wyd -sper jou binne laat fladder jy beeldend weerkaats in sy ronde, stil pupille Stuur ‘n ge-oliede melodie met suiwer liefdesnote op vlerkwieke van wind dansend duis’lig meegesleur op maat van uniek’ musiek so eie note terugversend na stil spesifieke beeld aan my so […]
Rose pienk en Jakarandas pers
rose pienk en jakarandas pers ek sing vir jou ‘n bloublomvers van laventelbos en roosmaryn van lelies geel soos die son se skyn malvas bloei steeds in die bloedste rooi dis die swartoognooi wat flikkers gooi oor die heiningdraad rank haar ranke groen sy kleur haar blomme in ryp lemoen en die muurblom wat so […]
Liefde se voetspore
In die reënwoud se klam het twee voetspore gehang in die watte van groenmos afgeêts, vasgevang In die wolke se blou-grou kon soet spookasem- wind gedagtes van gisters stokkie-taai verbind Met grys gruispad se grof stapel klippe reeds gekou tussen kosmos daarneffens wieg weelde – beelde onthou Langs die spierwit geraamtes op Skedelkus se strand […]