Briefie vir jou (1) …
die oggend het gekom sonder ‘n blink sonstraal en dis op sulke dae dat verlange my inhaal dis die kere wat ek jou so graag by my wil hê sodat ek met jou kan praat sonder om ‘n woord te sê dis die kere wat ek net teen jou bors wil leun sonder om te […]
Hoe glo jy in liefde
Hoe skryf jy van liefde as jou hartmure bloei oor distels van glisters waar geen rose meer groei Hoe lig jy loodswaar hoof na die goudstraal van son as jou hele wese ween oor – as dit maar net kon Hoe hoor jy die geroep van tortelduif na sy maat as jy steeks staan trippel […]
Dapper Drome
Ek lê in die nanag van jou liefde en verryk my in die weelde van jou droom. Volg die kontoere van jou lyf tot by die oase van lewensgewende rykdom in die volheid van jou wysheid. Ek verlustig my in die warmte van jou slaap se vreugde wat uitgesprei lê in die arms van Morfieus. […]
Anker
anker as ons gaan slaap in ons ou houthuis voor op die sand van Adresloosstrand droom ons van mekaar gebind sonder winters net die son wat skyn en my hart losruk uit my bors en gaan anker teen jou lyf ©Anton Kilian
Skatkamers van my hart
SKATKAMER VAN MY HART in die voorportaal van my hart hang beelde afwagtend op vergaan sommiges slegs vervorm ander in verlate gange waar liefde nooit vertoef soos ‘n lelie getooi in varskelk loop jou voetstappe sag na ‘n plek waar die maan sweet en jou lippe myne evalueer tussen mistige soet samesyn dans ek in […]
Troostend
TROOSTEND kom na my as dit donker is nestel jou kop teen my skouer jou kurwes eggo die skynsel van die maan laat jou hart in my voetpad stap ek jou wese met liefde bederf jou liggaam in warmte vloeibaar maak laat jou mond my gesig betas elke soen ‘n kleurvolle illusie elke welwing ‘n […]
Vir jou
VIR JOU Mag ek in jou oor fluister in ‘n stem wat stromend ruis en koorsig vanuit die hitte van my lyf ontsnap. Mag ek saam jou dans en jou, soos die maan in kwart sekelende hunkering opskep en neervly Ek wil jou, swigtend, vol inasem, terwyl my vingerpunte die sierskrif van jou lyf romanties […]
Dans met my
DANS MET MY As ek jou vra dans met my in passie van ‘n tango sal jy, tot die einde my na die liefde dans wyl ek woorde uitlokkend in jou oor prewel met bewende vingers jou hand liefkoos terwyl my oë joune penetreer en jou mond die soet uit my trek jy my hartstog […]
Liefde
liefde is genade wat gestalte kry tussen elke jou en my liefde is blommegeur wat wyd versprei tot die gehardste met sy pyltjie kry liefde is brood en bitter koffie drink as dit is wat die lewe skink, liefde is God se humorsin, want wie kies wie hy bemin? (Iron Lady)