Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Liefde"(Bladsy 253)

Haar voorkoms is so bruin soos okkerneuthout-bome haar gelaat soepel en glad soos ‘n droom. Die begeertes van haar hart vloei in strome deur haar oë en vorm poele voor die skeefgetrapte skoene aan sy verweerde voete. Sy spore lê in groewe oor die landskap van sy reis. die vore langs sy oë getuig van […]

jou hande is berekend en ek wonder oor die omvang van binnesag dye wat dit al verken het elke versugting wat jy al bevredig het tydens middernagtelike swye (die gordyne staan vol geasem met die aandwind) ek absorbeer druppels olie uit jou hande slurp gretig om ‘n sewe jaar droogte teen my tong te les […]

aan takke van ‘n vlegsel-stam wildevyeboom in die middel van ‘n donkernag stad, hang sawens ‘n saggemaakte maan soms klein, soms groot, soms lewend, soms dood sy wortels bogronds geknoop deur wind en weer getemper, in rioolwater se opstyg dampe afgespons en oor gedoop (sy skouers swaar behang met wilde drome) in die park skuil […]

haar hande dese dae twee bewertjies – klein woelig en niestandhoudend haar lyf ‘n koepel kromgetrek deur onbeantwoorde vrae geklee in son en see en laatsomer dae lippe sonder bewussyn aan’t bid geoefende prewel sonder rym genade vir haar kroos, haar nageslag vir nagte sonder skete en pyn met geleende oë kyk sy smorens die […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed