Oggendvers (goud)
voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n wens vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskynende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]
sigbare geur
uit die oog uit die hart dit wil so lyk dink hy in smart al die ure en dae saam was toe net in naam oomblikke van opwinding die reuk van haar wat nie ruik nie nie in parfuum verdrink nie so eg vrou, aroma uniek daardie geur sonder taal die rit op die trein […]
wense
. mag jy baie geseënd wees mag jou dae vol sonskyn wees mag jy net gesondheid en liefde leef mag jy baie getroue vriende en vriendinne hê mag jou lewe vol probleme wees wat jy opgelos het mag jou kinders jou baie lief hê en respekteer mag elke dag se daglig jou weereens tref mag […]
Waarom mense bly.
Waarom bly mense in verhoudings waarin daar herhaaldelik op hulle verneuk en gelieg word? Die hoofrede is ‘n ongegronde vrees vir alleen oudword. Ongetroude paartjies se kollaterale rede is die idee dat die huwelikseremonie iemand permanent kan verander. Die vrees en valse hoop is in baie gevalle so groot dat ten spyte van gedrag, wat […]
ek is die vers
op die ritme seil my lag die rym golf my liefde oseane onder die breek van dag ©VonVillon
Nare ontwaking – Goud
Onder groen tentakels van ‘n wilgerboom het jy jou lyf styf teen my aangevly jou mond het my liefkosend verlei en smagtend meegevoer op ‘n droom; my weerstand het skaamteloos begin skroom soos jy my hart oor die afgrond lei wyl jou lippe sag oor my naaktheid gly het begeerte my beheersing deurstroom maar skokkend […]
EK VERLOOR
EK VERLOOR (Brons afdeling) Wanneer niks wat ek was meer is wat ek dink nie en dit wat ek dink net nooit meer reg klink nie wanneer frases en woorde eens melodieë was maar nou afkolk in spirale van sin(ne)lose verhale en ek kop verloor dat die trane rol en niemand besef ek raak innerlik […]
‘n Sambreel
– met hoekoms en waaroms bedek twyfel soms my sekerheid my siel reik na geloof sekerheid dring in my en rig my denke – die sambreel van onsekerheid bedek my vrolikheid met grysheid grysheid wat ouderdom beweer asof tyd my lewe kan beheer – in ons lewens is tyd oorbodig geskiedenis het dit kom vervang […]
Liefde sterf
Goue trane val oor haar bleekwange die môreson se lig flenters gegooi seer gebosseleerde letsels in rooi bring ‘n bitter brose sielsverlange as sy net weer die vuur in hom kon plaas sou liefde nie ‘n laaste asem blaas