sê niks
– sleurend klink die roep van die visarend deur die klowe styg die klanke op na bo antwoorde kom in elegante weerklanke oor die kabbelende helder waterstroom – uitdagend blaf die bosbok ram se stem oor bulte en heuwels baken hy sy gebied ver in ‘n kloof kom uitdagende antwoord deur bos en rant bly […]
‘n Pleidooi
‘n Pleidooi (962 woorde) Hou jy daarvan om ‘n sundowner op ‘n Kalahariduin te drink terwyl jy jou tone diep in die rooi sand inboor? En hou jy daarvan om wintermaande vir jou ‘n paar vet springbokke te kom skiet wat in die strate tussen die duine wei? Of dalk hou jy van ‘n skaapribbetjie […]
pyn in die puin (SILWER)
pyn in die puin weervoorspelling en berigte van swaar reën goeie neerslag word altyd gesien as ʼn seën huilend die wind wat bome grondwaarts buig stygende strome water wat stilweg getuig: ergste natuurramp in heugenis van die mens alle oë gerig op Durban: in die wêreld se lens “word wakker! kom uit die huis!” doodsbenoud […]
Sonhoop
En toe … toe, was die lug toe die hemelblou in haar oë sonverlore raak in die mis daaragter, haar wolksag wimpers herberg sy hartsverlore in digte mis maar onder haar wol(k)kombers vind sy dog sonderling, rus want, die (ge)mis word soos skemerduur voor sonstraalglim van korte uur toe son se soekarms haar bemin Elizabeth
Na liefdes(v)uur (Brons)
En toe … veras jou vuurgloed donsveerverwaai, duskant westerkim draal-dwaal jy skrams, deur jou laaste ligspoorglim skemerbroos in jou donkerverloor, nabetrag troosvind jy my vuurvliegievlerke, roosblaarsag soos my koesterhart vlerkomvou, nestel my ligholtes jou want mý vuurtjie bly brand, my hart gee sy lig hier binne bly jy veilig, so warm vredig Elizabeth B Met […]
fenomeen
– elke jaar se jaar ring kom later elke seisoen word eers uitgedink elke winter kom sommer in een dag somer bly langer weg as ooit tevore tye, jare en lewens verander skerp selfs branders lê grys onder serp van misbanke wat kom en gaan soos die buie van ‘n tiener wat nog die lewe […]
Boudswaai haaikos Silwer – Limmeriek
Ou rooikop Hes van die baai Het altyd die koppe laat draai. Sy spring in die see Met ‘n huppel of twee En word haas die prooi van ‘n haai.