Pastoriekind
Die kerkklok lui 07:45. “Lanie wil hê ons moet oor ‘n uur in die kerk wees,” sê Mamma van Rooyen. Teen 08:30, ‘n halfuur voor kerk, is al vier van die gesin aangetrek, gevoed en prim en proppers vir die erediens – en dit sonder n gedreig en n geskree! Maar dit is waar die […]
as jy maar
wat die oog sien en die hart na hyg moet jy oor swyg kon jy maar die mooi wat jy sien kwantifiseer en in 3D druk om te koester en te hou om aan te voel en te onthou nou moet jy dit maar beskryf en verder verswyg ©Teárlach
s t o r m v e r s
In die nuwedagskemering as oumeidkloppers se klingklangende haél nes reënpakkas se piketspel tafereel met ñ trompetsinjaal word droogericas van die aarde in ñ helige taal natgestorm Zebulon Kochk Konnichiwa Gedigte 20 September 2019
ñ moréminnelied
Een geelbotteroggend toerie’ beskonke son agter berge uit sy babbelsug opstaan as ñ blondinestraal Skryf ek vir jou ja jou jy wat immers soos die son oopvou, jy die inkproeëer met haar rariteitige oë toorletters in ñ madrigaal geseën met die Skepper se hande van Bo.
ñ dag voor lente
My lief; waar die koffie uit jou hart se skinkkan kokende vure in my kamers vervlam Oorhandig die reëval ñ dag voor lénte gemengde sinjalere soos ñ watersprout tafereel hy op besmette grond ~ skielik hoor jy ñ hik klank van sagte druppels uit die hemelprieël. Dit is wanneer die seine se snerpende stop nie […]
Lente van ’19
Dit was daardie mooiste seisoen toe ek kaperbriewe in my eie posbus wou los geseël met judas-soene en Lot se geloof maar meer as dit, wou ek migreer Noordwaards na my milieu terug na woestynsand en stof droë rivierlope en ander dinge wat my en my herkoms kon herenig dit was daardie September toe ek […]
WINTERNAG
Pa voel nie te wel nie. Die winterkoue sluip rond; ’n ongedierte sonder genade, verstrengel jou met ysige kloue, ’n vriesende asem wat in jou nek blaas. Selfs deur die blink houtvloer syfer die koue deur – bring saam die reuk van vloerpolitoer, stinkhout en klam grond. Die groot los mat is vaal, skif getrap […]
BRUIDSKAT
Twee kleedjies gehekel vir die rusbank en een vir die gemakstoel. Sy is amper klaar met die laaste een. Die patroon is nie te ingewikkeld nie – soos die tafelkleed vir die eetkamertafel. Hoe lank het dit haar geneem? Die hele winter. Genade tog, dan kom Elsa ook nog kort-kort kyk hoe ver sy is. […]
Terug
TERUG Die soetmuf papierreuk…. en letters en woorde stroom deur na die lamplig tuimel uit soos tevore en ritsel en voetstap saggies trap op die stofmat want Brolloks en Bittergal wil jou opraap en wegvat En luister net – Lúister wat die fyndruk wil fluister *’n Biblioteek was nog altyd vir my ‘n plek van […]