Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die malligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]
Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die maligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]
Op ‘n Wintersdag
Op ‘n wintersdag as die wolke grys en laag oor die bruin rivier se water hang, en die bloureier aan die oorkant paddas in die modder vang, vloei die reën se druppels ongevraag oor my wang, as dit oorloop uit my oog se opgaardam, en my hart loop draaie op die ver kuierpaaie van ‘n […]
Maanengel
Dis koud in ons kamer die wind waai stil deur die huis dis al Augustus in die Boland en die skepping se stof hang buite tussen Peperboomblare en die oop ruimtes in my kop ek is soms nog jy of ons my gedagtes vertak verder deur die donker gange van ons stil woning versink ook […]
Hy was toe ook bad news (Silwer)
Hy het my gefriend request, my eerste liefde, op facebook – sy gesig na veertig jaar ‘n agteroorskopskok van seer en dwarrels en vrae van waar en wat, hoekom, van onthou en wat kon wees – ons vier dekades vloei, versmelt so bitterseer met my hart se steeds bekende gloed. Maar so ewe diskreet, het […]
Die langbeen Perd
Die langbeen Perd het uit ‘n mandjie geklim en van sy stert ‘n kwas gemaak die langbeen Perd loop nou sonder stert om ‘n winkelhaak draai stories té ry Die langbeen Perd hou nie van outokrate nie hy praat sonder tong hy het na die maan gebeuk oor sy heimwee Die langbeen Perd het saam […]
Woordakkoorde
Ek wil jou tenger in ‘n vers tussen die letters van my hart troos, sodat dit soos ‘n lokomotiefloods ons liefde oorlaai. Dan wil ek jou gevoel oprui met die majesteit van n maarlyfpen en inkspuitings van my digkuns diep in jou hartskreke infekteer. Sodat jy in die sy spinners van energie jou akkoorde kan […]
Inkstroop
Binne die kwes van ‘n krioelbroei pen, is my inkstroop die sap wat jou dors lees in die tint van woordtalent. en soos die oogbal oople in die oorsprong van my woorde, word my inkstroop oksaalsuur op geribte skryfpapier. tog sal my letters weer lewe al raak in op – en kry huil troostende harmonie […]