Kook en geniet
Nog regte ergte boerebeskuit uit ouma se kombuis die heerlikste mosbolletjies en karringmelk skons Piesang muffins met ‘n knippie neutmuskaat wat mens nooit in die steek laat en roosterkoek wat buite bak op die kole Gemmerbier, vetkoeke met rosyne al die watertand lekker resepte ‘n onthou in lank terug se reis
Reukrowend
Waar jou blompikante keulengeur met blydskap my hart bejeen partituur ons minbedolde gevoel gebind in liefde. Bronaar parfumie in by my neusholtes wat begluurd loer , na ‘n presieuse briesreuk wat boetseer en boer. Juistement jy – my trekmagneet tussen miljoene skutsengels ‘n pragmatiese glansdame wat roof met reuk. ©Zebulon Kochk Konnichiwa Gedigte
Toe ek kind was
(goud) stuur vir my ’n dagbreek uit die Vrystaat ’n vyfuur-in-die-oggend se breek-my-hart-so-mooi en stuur die eerste goue strale wat grasvelde verroes tot byna rooi * ek sit hier in ’n kamer, ek kry chemo; Simonsberg (soos altyd) in my sig * maar soms verlang ek net na Vrystate en vlaktes – die bloekoms, die […]
WATTER ONSE IS IN JOU POND?
Ek onthou nog so goed ons predikant se reaksie toe my ouers hom inlig dat my suster gaan trou. “Trou sy met een van ons mense?” Die ‘ons mense’ was natuurlik Doppers (nee nie drinkers nie my mens, lidmate van die Gereformeerde Kerk). Die antwoord was nee’ want haar aanstaande was ʼn NG-man (Gaatjieponder). Dit […]
Ek wens ek kon skryf soos ek droom
daar was ‘n draak in my droom gisteraand na die dertiende uur toe die nag sy donker begin oprol hy het vuur oor my gespoeg ek het in angs roerloos in my bed gelê en gewens dat ek kon skryf soos ek droom vreesvol, sielloos, geesvoos en bebroke met ‘n malse honger wat waansinnig soek […]
Retoriese Ruimtes
Buite die sfeer van my binnedenke verstaan ek dat tyd relatief om alles hang soos ek en jy en ons bestaan en alles wat stelselmatig elke sekonde vergaan alom die kern van veranderende winde wat hulself eeuloos herhaal selfs saam met my wens dat ons dieper kon wees as net gedagtes, vel en been veral […]
Nagdenkers
hoekom die donker altyd die abrupte verdeling van tyd minderwaardig sal laat lyk weet mense soos ek ook nie vraagdun verhale speel daagliks af tussen mense, dinge, natuur emosies, die heel gebroke en die half geheeldes almal lewe asof tyd geen einde ken maar saans in die stilte van selfsoek wonder mens oor wonderlike werklikhede […]
Mantelkraan
Dink togie hy sal iewers gaan sonder naam opgeraam onder ‘n sekelmaan met sy tas vol stêrre-pak onder dag, dikkop sy dikkop saam sklilpad dop ssssssssshhhhs die langwurm man wat raak jy aan my Mantelkraan! ©Morné du Preez
Onoorwonne – Die dag toe apartheid gesterf het
Die winterson het fier oor die ou Transvaal geskyn in drie-en-sestig duisend harte het Shosholoza epies refrein Laag oorhoofs, dreunend in die lug oorverdowend deur die atmosfeer; ʼn makrostraler, voor stolpunt in vlug Om heldemoed te motiveer “Good Luck Bokke” op sy pens gegrif Ewe asemrowend, die klimaks daarna toe Madiba durf in springboktrui wense […]
TYD IN ‘N BOTTEL
Tyd in ‘n bottel x die warmte van ‘n huis vol liefde, waai heuningsoete tyd in druppels goud en blink bymekaar om te bewaar in ‘n groot can fruit bottel om eendag op ‘n reëndag as mens jou vingers doop in die taai-soet stroop te smul aan soet onthou © Barbara Smit – 22/07/2019