ONTHOU SE PYN
soms kom hy saggies sluipend ongemerk nader soms ‘n bliksemstraal donderend brekend vernietigend my hart die prooi woorde gedagtes onthou-jy’s beelde wat speel en lag en spot met my verwonde hart jou beeld ‘n eggo in my stukkende verwonde siel
FANUS KOOP KAR
‘n Model T Ford. Mý Model T Ford! As ek net kon slaap, maar die swart Ford spook by my. Sowaar, as môre net eers verby is … “Fanus,” kerm Huipie, “hou op met rondrol! Ek kan g’n slaap as jy so tekere gaan nie.” “Ai vrou, gaan maak tog maar koffie dat ons kan […]
Fosfor’blom
Die maan het ‘n helder glimlag vir die son gegee die son kon net verleë terug lag toe sy vlekkies trane van haar wang afvee Toe die maan die son sien opkom het hy op ‘n afstand gebly hy draai verward om en wens hy kon op asem van liefde na haar gly Maar somber […]
Gedagtes langs die pad
Vir die hoeveelste keer wat ek met die pad ry waai ‘n tarentaal se veer verby my Die son sak en verlange verdrink saam met hom in die oranjerooi gange tyd gaan so vinnig om Dwaal my oë oor die vlaktes en ek wonder met heimweë gedagtes in hierdie sononder Waarom voel ek in gister, […]
Gebars tot volmaaktheid
ru omsoom die doringkroon van genade my diepste Anna-mens aan die vloekhout vasgespyker word vrede die lendedoek wat my onvolmaaktheid bedek my woorde die salwingsolie wat lek uit ‘n gebarste kruik tot daar waar dit op papier die brood van vreugde breek en ook die wyn van smart verspil maar my intiemste gedagtes en dit […]
Die Ongeskrewe Boek
Wat sou ek sê in ‘n boek wat ek nooit sal skryf nie? Sou ek vertel van al jou lag, jou huil? Sou die trane oor my wange ink wees waarmee ek al die blaaie vul? Sou ek daarin vertel van droomverlore nagte, van liggame verstrengel met net die nagwind as ons kleed? Wat sou […]
Vrystaat
is daar nog ’n plek op aarde waar die geelgras so kan vaal; waar wit wolke op die horison die blou uit die blou lug haal is daar dalk (in ’n ander wêreld) ’n streek so oop, so wyd, so vry waar rooibruin beeste middaglaat – kopomlaag – oor wintervelde wei skilder elders ook murasies […]
Groenfontein se sielskos
Groenfontein se sielskos Daar is ‘n oase in my kontrei waar water spoel oor laagwater brûe, die silwervissies baljaar sorgloos en vry en berge boggels het op hulle rûe waar eggos van bobbejaan se kind deur die valleie weerklink, skilpad ongestoord sy pad kan vind en die dou nog skoon op die blare blink. Daar […]
Kersfees onthoutjies (Opdrag 8)
Die Kersboom effek 1. Die digvorm neem ‘n Akrostigon vorm aan maar instede van ‘n naam, moet dit die tema/titel van jou gedig aanwys. 2. Die uitleg van jou gedig kan ook die vorm aanneem van ‘n voorwerp van jou gedig, in hierdie geval ‘n kersboom. 3. Elke vierde versreël moet uit ‘n enkele woord […]
Die Reënboog Rozet (OPDRAG 8)
Die Reënboog Rozet verteenwoordig ‘n unieke digvorm met sy ontstaan uit die hart van Afrika. ‘n Digvorm wat die diversiteit van verskillende kulture weerspieël. Die gedig bestaan basies uit 14 reëls wat opgedeel word in 3 kwatryne met ‘n slot koeplet. Elke strofe het sy eie unieke skryfstyl en rympatroon. Die 1ste strofe het ‘n […]