‘n gedagte (Opdrag 7)
n gedagte (Opdrag 7) stadig omvou jy my beskermend silhoeëteer ek jou vlindersag en kreukel ek jou lyne vir ‘n flenterfyn glimlag wyl jy my hitte proe (smeulend) in pers fluister jy jou liefde smagtend karteer jy my kontoere sonder krag en voel ek fosforperde in jou lag huiwerend soekend wagtend tog bly dit net ‘n […]
Haikoe wat wuif
Oë wat nie ontmoet, Vergete winters-woorde; Moes ons vanaand groet.
Liefdesvlam (OPDRAG 7)
sag lê jy my neer op purper roosfluweel ‘wyl hande liefkosend deur aroma streel skroeiend brand oor letsels seer wat smagtend oopkelk toeskulpverweer my gul nooi tot oorgee en deel die roete volg wat jou tong proe deur onskuld gesteel met soekende lippe wat teer liefdessalf aansmeer – maar hierdie liefdesmelodie orkestreer ‘n wankelnoot laat […]
Die Briefdraer
Dag, Oom. Pos vir julle. Dag-ook, jong. Iets interessant? Nee. Vandag nie. Net reklame. Nouja, dit kom ongelees in die oudpapier-blik. Bietjie werkies in die tuin, Oom? Ja, so isset: Hy wat ‘n tuin het, het altyd iets om te doen. Moenie jouself oorspan nie, hoor. By hierdie soel weer, nogal. A-ag wat. Ek werk […]
humoresque
eers op die rooi gordyn het dit dof verskyn toe helder geword gordyn oopskuif daar net een persoon op verhoog saggies beweeg hy van kant tot kant terwyl note suiwer opklink uit bakarm greep se instrument so suiwer dat dit sny tot in my siel weg gebêre word vir altyd en ewig note kom en […]
Donkerman
Aan die voet van Bainskloof sit ‘n donkerman; hy’s blind vermink deur dekades se skade ek staan langs hom doof ons staar saam oor Wamakersvallei wolke hang hier en daar soos kantgordyne uit die bergblou hemelruim ek vat sy hand en lei hom na binne waar my hart warm klop. © 2018 Caren Kearley Kopiereg […]
DIE HANGKAS
DIE HANGKAS Gesondheid! Tee is darem maar die tweede beste ding sedert nougat ( enne peanutbutter) uitgevind is! En….. en, nê; voordat ek vir amper kestamper drie dekades (toe hulle my die dogter en minares van die duiwel gemaak het) ‘n hoerlike gemors vasgekruisig was in elcheappo se gatsak was ek nét ‘n doodgewone dogtertjie. […]
Die maan se speelgoedkas
jou laggies was jasmyn wat huppel oor die gras kosbaar ons samesyn toe jou liefde net myne was elke aand met slapenstyd moes ek storietjies vertel van prinsesse en jolyt die hemel en die hel Refrein: dan sing ek sag vir jou van droomland en onthou dat lugkastele pas in die maan se speelgoedkas nou […]
Opdrag 4: ek is naby
ek lê ‘n wit veer voor jou voete neer… was ek maar wyser sou ek meermale luister na jou stem – fluisterend op die wind – wat my soos ‘n sipres in eden se lanings vind my seer gees salf met lawende elikser sodat ek my eie pyn stom verslae neerlê aleer ek (nogmaals tuimelend) […]