Seisoene Hart
(2017/12/9) Vir jou ☆ Sterk seisoene hart omgee soms te veel sonder terughou of oordeel. Seisoene hart verkleur soos die blare wat smagtend aan die bome kleef oorval met gevoel versterk deur die jare. Seiesoene hart diep en opreg jy sien mens raak jy sien wie is eg. Sterk seisoene hart broos soos winter blare […]
DIE PAD VAN JOU EN MY
Onthou jy nog die pad van jou en my se eerste punt loop daar by vrolik groet verby Die bultjie op tot bo by ken ek jou dan gly ons af by vrolik lag tot onder in plesier se draai Gelykpad nou verken se bosse deur die vlak lê voor met sinkplaat hier en daar […]
Lewens lampie
Ek sug Ek hoop Ek wens vir jou liewe mens ‘n lewens lampie met ‘n vol oliepens en dat dit helder sal skyn met die oggendson wat verskyn al bly jy net nietig klein mag jy fyn vlinder vlerkloos opkyk in die oë van troos al voel jou liggaam broos
Thomas en die wasbakboot
Thomas en die wasbakboot Thomas was een van ons huiswagte in Tanzanië. Huiswagte is manne wat huise snags bewaak, en in Oos Afrika, soos dit seker ook in die res van Afrika is, is huiswagte nie net vir rykes nie, dit is vir almal wat ‘n huis bewoon, veral blanke buitelanders soos ons. Baie van […]
vergewe
Vergewe as ek terugdink aan jou in kleure van blou, roos se rooi op swart getooi en die eelt in my hand in wrywing sy sag terugkry, my stap sy huppel in tergende dans vind ek met volgehoue skree in onderdrukte toon, jou voor my gees roep, soos ‘n kind met elke tree in vreugde […]
Simbiose
Spel begin met woord of sin knip n oog of wink jy gooi n soen jou hartklop oorskry die spoedgrens en jou pols huppel kens simbiose kleef in leef
Ster vir my verskiet
In die nagruim het ek opgestaar en daar het ek sowaar ‘n verskietende ster wat vaar net vir my, gewaar ‘n Wens het ek daar gelaat dat ek mag vrede maak met ‘n hart so weerloos naak sonder opregte pasmaat steeds hunker my wese weer deur die teleurstelling en seer om te hoop en weer […]
Perdeblom
Nes die blom wat begin in bot en eindig in verrot is ook die mens se lot Versmelt tot eenheid maar verdeel in vele saad wat net kan groei in verlaat en skeiding van die stam Geskei lê die saad lam en voel dit sterwenstaan totdat die voete grond tref en dit grond se geskenk […]
16dae van Aktivisme abuse
16dae van aktivisme van abuse hemel mense word net wakker en kom net by ons lewe in die nuwe eeu van die kind derduisende verongeregte vroue en kinders vrouens en kinders het ook regte hulle word mishandel en verniel mense kan jou soms lelik seermaak of bang maak om jou seer te maak of bang […]
Anderdag
Ek wens vanaand na ‘n dag op die strand wat voel of in ‘n ander lewe so lank gelede Die son op my vel en wind deur my hare geen sorge geen kla Vakansietyd Verledetyd ‘n lewe afgesluit Dit was anderdag toe als so anders was as hier en nou se gemis hier waar net […]