Pa, soms onthou ek nog . . .
As die noordweswind so winterkoud waai dan sien ek weer hoe sit jy by die kers met die groot boek, wat rustig op jou skoot lê en hoor ek weer jou stem se klank in vers. Pa, soms sien ek daardie ruiter met die afkop op sy skimmelperd so reguit uit die hel en vlug […]
My drie wense
lank gelede toe ek ‘n lampie optel het ek in gedagte begin vryf my hand maak sirkels terwyl ek drie wense hoog in die lug skryf nommer een was eenvoudig, mooi en sag ek wens dat jý -net vir my- jou lag sal lag nommer twee was baie diep ek kon dit nie keer maar […]
Steenkooltrein (oktaaf)
Die Ou Steenkooltrein Ek onthou die amegtige asmatiese steenkooltrein op ysterspore se klikkeklak klikkeklak wielrefrein en die lokomotief wat tjoek tjoek die stasieterrein nader en met luide trompetter en ouwêreldse grasie inry— Dan word sissende eers stoom afgeblaas in ‘n walmsprei soos ‘n duisend seroete se rookwolke dan galmskrei die wegtrek sirenegefluit stiptelik op tyd […]
Wat word van Afrikaans
Verskuild rus jy in Sarie Marais wat ver is en jodel as jy die wandelpad stap wanneer jy moeg word vir die stad Soms toer jy na die ou Kalahari op die rug van ‘n blink vosperd as jou woorde Suikerbos-soet stroop Die koffie in die kan wag op ou Jan as Pierrewiet sy deuntjie […]
Kolmanskop
In die suide van die Namib waar die son steeds bloedig skyn net ‘n entjie oos van Lud’ritz in die heet van ‘n woestyn pryk vandag net die murasies (uit tye baie lank gelee’) van eens swierig herehuise aan sand en duine oorgegee. Sonder slot en sonder grendel staan geboue leeg en kaal soms dans […]
Bloedrivier
Bloedrivier die slag wat in herhaling lag omdat ons dit aanhou veg. Wat is verkeerd? Wat is reg? Elk dink langs sy eie weg. Opinies Denkwyses Riglyne Strewes Bloedrivier trek weer laer, want ‘een’ volk kan steeds nie saamskaar. Wat is verkeerd? Wat is reg? Elk dink langs sy eie weg. Verwyte Verkeerde besluite Ontoegeeflikheid […]
Jou naam in sterrestof
Jou naam het ek met sterrestof in die maan se buik loop skryf wyl die sterre skaam beaam as planete swewend verbydryf Toe die son sy goudstraal kwas sonneblom hoof hemelwaarts rig stap ons kaalvoet deur die kraal om room vir koffie te loop haal Met ons mandjie boepensvol van biltong, vrugte en neute sprei […]
In die soepelheid van jou krag
soggens as die kartelson in warboel met klanke van geel oor die Westerkim ontplof dartel die tortelkoer van genadeduiwe soos ‘n heil’ge siterspel op fladdervlerke na Bo Tambotieboom in die bruingloed van henna en rooiborsduif wat in blare soos granaatpit in skarlaken blom en iewers in die agtergrond die Neushoring wat binnemonds brom met malse […]
Sing vir oulaas weer Elvis
gee my jou hande vir die heel laaste keer kyk, ons albei het letsels ons albei het seer wys vir oulaas jou wonde en ek wys jou myn’ beide geskonde gevlek en onrein die lig in jou oë dit bly my ontwyk eens was daar sterre en lag in jou kyk hoe sag kon jou […]