Gister se as-spore
brandend lek dit pit van jou hart se lig in felle kompetisie met die sterglans wat flikvlooi dans met die sneeuvlok vallend deur die lug voltooi so die sirkel van ‘n halwe maan skets die klippe van die kaggel jou innige diensbaarheid in eelte van diepe omgee brand die knetter-vuur van jou liefdeswoorde dieper as […]
Rasperspore
deur ontelbare spasies lê die rasperspoor van onthou tussen geraamte stasies wat stil in gedagtes oopvou kniediep deur lawa-vure gekruip wat jou kool-verskroei tot daar waar jy versuip en voel jy kan nie meer bloei bitter, sout en pekel dae waar jy soos Lot’s vrou versteen onder koue woordslae wat sny tot op die been […]
My konstant
My konstant Jy hang in die agtergrond van my lewe onveranderlik en steeds teenwoordig want jy laat my nooit alleen. Jy verwarm my gemoed en jaag my liggaams temperatuur volstoom die hoogtes in. Jy is my konstant wat my hart laat warm voel en my siel laat opkyk. Getrou groet jy my elke dag en […]
Wag
emosies soos branders wat vasslaan teen my weghol-gedagtes wat altyd by my bly bang om aan te gaan in die donker in gegooi wag in angs dat iemand my in hul hart in sal nooi
Tower se krag
Om ons dans die lewe reeds van ons kinderdae af en ons… dans voluit saam, want dit is lekker. Ons dans elke dag en voel tower se krag wat deur ons vloei omdat dit so hoort. Kindwees, is die definisie van die towerdans wat kind saamflans oppad deur die lewens bos. Daar dans wolf en […]
Mevrou Daniels
bo die bed en langs die venster hang jou foto’s teen die muur van die ou’tehuis in Brackenfell se kamer drie nul vier * daar sit jy met jou blomrok aan mooi gehandskoen en gehoed op jou skoot lê daar ‘n bybel en ‘n ou gesangeboek die hout raam om ‘n trotse man ‘n regte […]
KAALVOETSEUNTJIE
Twee en sestig jaar gelede, in 1954, het n kaalvoet seuntjie, op Valsrivier stasie, een oggend aan sy ma se hand oor die treinspoor gehardloop na n ou klipgebou aan die oorkant van die spoor om sy skoolloopbaan te begin. Vreemde wêreld met klomp kinders om hom. Sommige het met perdekarretjies skool toe gekom, die […]
Jy wapper aan verlang se mas
Deur die mure van my hart se seer wil ek die doodgaan van jou weer daarom beur ek uit my blinkblaarbos weg van die wreedheid van die waarheid van die doodgaan sonder klaarheid en ek asmahyg my trane los benoud oor nié die dobbelsteen verstaan wat die een laat lag; die ander weer laat traan. […]
. . . van brood alleen
agter koue mis se newels word die son ‘n silwer bal teen die hemel, tussen wolke wat swerf en kleur in duifgrys tot die edeltint van staal my jas is dik, my stewels bruin oor my skoot lê ‘n kombers teen die vlootblou van my denim skakeer ‘n trui in lilla, violet en lintblompers ek’s […]
Aanrolbrandertjies…
Met aanrolbranders in my brein bly ek ronddobber op gety teen my nodelose aanhou stry en koudverlang wat in my skry. Maar vroegdag het my bitter trots teerverlang se rots geklots, en met die t’rugtrek van gety was op my strand se siele-sand jou kaalvoetspore ingebrand. Toe’t ek (dikvellig in my nerf) gekeer dat liefde […]