Nostalgie in ‘n geurige onthou’tjie
Soms spook spoor my gedagtes bloots deur die dag wanneer goeie onthou’tjies my tot stilstand pootjie en nostalgies in klein dingetjies vir my wag… van geurige moer koffie tot ‘n vars gebakte broodjie. Met ‘n brein oor werk en na rustigheid roep, soek my hart my ou vlak tussen bossie en sand koester my oë […]
Fonoloog
Ek hoor ou aksente in jou nuwe sinne en aarsel se akuut is skuins en diep Subteks lê onderstebo in klem se kommas en diksie hinner my aan die her van agterste voor Karet semanties ons sin-ergie wat my laat stop by die punt.
Staar
Ek kyk na jou en onthou hoe ek my hart heel in jou keel gesit het en die knop in myne net half gesluk het ( inspirasie : http://30-years.dailymegabyte.com/ex-lovers-meet-each-other-after-30-years/)
Ons Kan Nie Anders Nie
Ons Kan Nie Anders Nie. Is die mooiste onsterflike letterkundige werke al gelewer en kan daarop verbeter word of iets heel nuuts en groots geskrywe word of geëwenaar word want ons is nou nog nie eens uitgepraat oor die skoonheid en lesse van die psalms na meer as tweeduisend jaar nie——- Ons dig en skrywe […]
Namibië
Namibië Die dorre Namib was my adamsrib die naelstring wat my bind oral waar ek my bevind— Gebore en getoë in die verre suide in Namaland was my tuiste en het op Warmbad skoolgegaan langs die droë Homrivier se gaan—– Ek ken sy droogtes en dondernuk bui skroeiende sonbrand op vel rooibruin, en ek ken […]
Onthou jy nog
Onthou jy die witgekalke plaasopstal met sy rooi-roes dunwiel trekker op sy enjinkap die swart kapokkie toe as ons enigste wekker Hoor jy die kierie-kierie windpomp wat suig en spoeg in die dam met sy grootsnor vet babers wat ons met die hand kon vang Daar het Mamma haar af staan sloof varkkaiings krakerig uitgebraai […]
STASIESTORIES
Net Buitekant Kroonstad, op die Bethlehem lyn is Featherstone stasie. Een van die stasievoormanne wat jare op Featherstone was was oom Koos van Dyck, ook n legende. So gebeur dit een jaar dat ek oom Koos moet gaan aflos toe hy op verlof gaan en val ek die aand nagskof in. Toe bedryf nege uur […]
Grootput Nostalgie
Die dae op Grootput, hoe kan ek dit vergeet? Daar het ons soos Boas en Rut se onder-by-die-voete-inkruip-lossingsreg, aalwynheuning en Mannabrood gebreek. Ek hoor weer die kinders se Livingtonstemme, hoe uitbundig hulle die kwartelbos ontdek – bederf jy ons met ñ worsie op die kole wyl ek impromptu tonele vasverf. Die likkewaan-okerkoppie, knietjiegras witgeeldof en […]
Alles kom tot as
hier sit ons nou jy kyk vir my ek kyk vir jou deur skerms propvol woorde hunker ons na oorde na tye toe ons nog kon praat wat gesê is, is gesê dit wat gedaan is het geen keer en hoe klein is ons verweer wanneer harte sommer net wil bloei (oor elke wond sal […]
Donga
As die son die verre kim oorklim en wolkies kleur het kaalbas Tswanna-seuns saam met die bees geloei bang in die vlakte van jou waterpoel kom stoei, gebombarie, gelag, aan tyd hul nie gesteur, want jy lê meer as tagtig jaar so op jou rug met uitgegrawe binnegoed van klip en grond. Maar slaaptyd trap […]