‘n Skuimpie Wroeg
Met skemering, toe die vinke by die vlei die lug deurweef met helder rooi en geel, het ek net vir ‘n wyle my verbeel jy loop weer deur die riete saam met my… Want alles was soos toe ons, sy aan sy, gehoor het hoe die windjie deur hul speel. Ek wou die uur se […]
Hipoteties
Hipoteties …is geluk ‘n glimlag op ‘n sterwende se gesig of rykdom blink en gevorm in ‘n aantal nulle. Dit vergestald in die son se skyn op die irisse van ‘n blinde? Geluk dreun in die ore van die dowe en weergalm op die tong van ‘n stom man. Ek wonder tog of dit in […]
Toegeblaarde Emosies
Kon ek jou geilrypwese met my knipmes skil en so jou dan in ragfynskyfies naatlangs kloof, dan kon ek dalk die smagting diep hier binne stil; sou ek my siel se eindloos soek na jou kon kloon tot helder meersang van die kleurvol’ kardinaal om ongebonde enkelsiel in jou te woon. Maar nou’t die doodgaan […]
Die Misverstand
Die Misverstand Ek sit in gedagtes verskiet onder ‘n weidse taksambreel met sagte groen lente blaredos nuut getooi na jare weer onder dieselfde akkerboom— Ek kom in jou koel lafenis droom onder ‘n jeugdige jy oor vergange se dae— Vir my bly jy so jonk en lentevars ek voel verontreg in jare so ver vooruit […]
AMETIS (dis in die klip)
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
Magenta dae
Strate hol getree van honger verdig teen menslike natuur, moerbei besmeerde polse skree om vryheid, versugting wat gil vir meer. Die koningskleed van nag draal taai aan deurweekte sonlig-krae, impulsiewe lag meer gedwonge gerafel teen lila some. Rooivonk klou teen baksteenmure gesmee teen verlede skryn, die kreukeling van eendagskoon-winde wat puur ruimtes kloof om hoeke […]
Sonder jou in my môre …
sal jy môre nog daar wees om my vas te hou sal jy môre nog loop met jou hart op jou mou sal jy môre nog opstaan en lief wees vir my sal jy môre nog vra om ‘n soen van my te kry sal jy môre nog ‘n rukkie stilstaan en my nog ‘n […]
Drie dekade boek
In ’n drie dekade boek vol ritmiese ratwerk reëls bly antwoorde steeds soek want die hoekoms en waaroms – spel die toekoms se daaroms Vergeelde blad vir blad is souttraan deurklad elk’ liewe paragraaf met wysvingernael – reeds suf geskaaf Die rugkant erg verweer tot die agterblad makeer party blaaie is uitgeskeur maar die boek […]
Sou jy raak kon raai
As twee verrimpeld’ ou hande bloubleek oorkruis loop lê sou jy dan raak kon raai wat ek onder die wilger wou sê Ons deurtrap tweespoor voetpad langs die oer-roes windpomp dan steil op teen die rant my hande in joune gekelk toe jy jou hart aan my verpand Waar seemeeue kras op dek sou skree […]
Deesdae se vrae (Onbeantwoord)
Geen gedagte-stilte is meer in my mal kop te bespeur wanneer jou stem knus lepel in my oor kom lê. Ek het weer op planete begin wens die melkweg se sterre getel want deesdae is daar baie gekromde uitroeptekens saam al die ander wat kordaat regop staan om hartjies langs jou naam te spel. Wonder […]