Erfgeld
“Jy weet erfgeld is swerf geld?” Ek lag uit my maag uit: “Ja, glo my in hierdie model T Ford gaan ek swerf, ek sal nooit weer die strate van Upington op ‘n donkiekar ry nie.” Pietman was heel verbaas toe ek die donkiekar vir hom as geskenk gee. “Nee, mevrou hoe dan nou?” was […]
Kolmanskop in die woestyngebied
Kort duskant Lüderitz omgiet in sand op sand lê sy geraamte geesloos. Maar tog, soms as die wind waai, as ‘n luggie suis, net so fladderend, vlugtig, sal mens wonder wie nou woon in ‘n Kolmanskop se huis op en onder duine, deur droë kosyne praat toeriste, fotograwe, maar fladder-fluister iewers skadu’s in die vlug […]
In die hart van die woestyn oppad na Aus
In die hart van die woestyn, die Namib-woestyn, deur genade nog op die lang swart pad na Lüderitz, is daar skielik fout, die kar begin swaai en alles is vrék swaar gelaai! Hel, die band is pap, wat op aarde! Aus is nog ver, daar’s g’n niemand in sig… Ruk-ruk trek ons terug, nog met […]
Vir jou skryf ek ’n veldblomvers
Vir jóú skryf ek ’n veldblomvers al sou rose pienk en jakarandas pers – ék skryf vir jou ’n veldblomvers van aalwyn wat voor ’n krans lemoen nes dit elke jaar in die Boland doen kyk, die suikerkan speld heldergeel naas mimetesblad wat met die rooi kleur speel; langs ’n restio, teen die berg se […]
Dans met my
Johan Fouché het ‘n advertensie in die koerant geplaas dat hy dringend opsoek is na ‘n dans instruktrise vir sy groep meisies wat oor paar maande in Parys moet gaan deelneem. Dit is die eerste keer dat hulle oorsee gaan dans, hulle het tweede gekom met die Nationale Kampioenskappe van regoor die wêreld. Hy voel […]
Verhale van die Oniks Labirint 10 Vlug van Grys
Daphne word met ‘n skok wakker in grys donkerte. Haar hart dawer teen haar bors, reg om die hut in die woud te verlaat of Daphne al reg is of nie. Versigtig trek sy haar leer uitrusting, mantel, masker en stewels aan. Sy versteek die wapens wat die Groen Beskermer vir haar gegee het in […]
Latente lente
Waarom sou die Kaapse lente hierdie jaar soos winter voel; waarom sou sy plant en dier verkluim? Dalk het sy ’n eed’le doel wat sy verborge hou – soos ’n verruklike, maar baie diep geheim. Want tot dusver is die voorjaar bloot canolageel karosse; die son is net ’n silwer bal wat êrens (verby flenterwolke) […]
Liefde vir ‘n ou kar.
Kyk om ‘n kar te koop is vir party mense soos om te trou. Daar is selfs mense wat so oor die proses te kere gaan dat dit nader klink aan geboorte skenk. Daar is ‘n baie goeie rede daarvoor. Jy weet mos nou as jy eenmaal op die lyn teken, niks minder as ‘n […]
As dit winter in September
(Goud) hoe bibber die lente in die Boland – by Hermon kelk room lelies in ’n dal skape verf ’n wit streep teen ’n groen rant bont beeste wei in vrede teen ’n wal Groot Winterhoek pryk in ’n sneeugewaad by Wellington tak akkerbome kaal canola toon haar sagste geel gelaat waar mis voor bergvoet […]