Hoop is ‘n lentevoël
As jy ooit drie-uur in die môre wakker lê (soos jou ma) onthou, my kind onthou dis net ‘n uur of twee voor die voëls weer sing net ‘n uur of drie voor die son haar eerste strale bring en jou nag in dag omtower. Ek hoop jy wéét . . . daar sal altyd […]
My pruttel woorde
Pruttel liefhê-letters dryfhout uit my hart nes ‘n hemelse lullaby; dit versamel nektar deur skrefiewimpers, want in jou beelt’nis het ek my vrede gevind. In die warm klanke van jou hartstaal gekaart soos druppende note uit ‘n basviool, wat die melkweg roekeloos nét vir my inkatrol. Ek verdwaal in die lagkreukels om jou oë, ek […]
Verby die berge blou (slegs vir kleine kinders)
Êrens op ‘n ander plek, verby die berge blou – daar waar dit maar selde reën, maar darem tóg so dan en nou – woon ‘n kleine, kleine meisiekind, (haar hele lyfie, koperbruin). En elke oggend, laterig – sodra die hete son verskyn – sit sy voor haar huisie in die skadu van ‘n klip […]
Ligkaatser
Jou skadu is die vagevuur wat binne my gloei die refleksie van my denke word om jou gebou; J Y die ligkaatser van my diepste wese waar ek my werklikheid in jou oë druppel vir druppel in minnewoorde sien blom. © Anzé Bezuidenhout
Daar’s net iets omtrent ‘n Sondag
die son val deur my ruite en maak patrone op my bed met tak en blaar . . . en vêraf hoor ek kinders wat in die strate van Brackenfell baljaar daar’s krieket op die tv maar die radio speel nog steeds klassiek die wind is net ‘n roering en die duif in die […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n vinnige versie
ek bind ‘n bont sarong om my goudkoper lyf ek buk langs die water om my woorde te skryf in die sand van die see in die blou van die lug word ek die albatros wat deur hemele vlug ek wydsprei my vlerke ek’s ‘n wolk voor die son en patroon al my druppels […]
My gebede(m)uur
Iewers in die verre Jerusalem staan ek gesluierd (ook denkbeeldig) op kreukel-knieë biddend voor hierdie ó so vreemde gebedemuur. Gebedsnotas orals in gebarste stene gedruk, hartsbedes van suiwer geluk, maar ook trane uit die wese geruk wat die muur as verskuilde graffiti versier. Smekend om te mag lewe na die heilige gebod, liefde tot my […]
My labirint
Spartel my ontroeringe soos ‘n fynbosverlange wat deur my labirint tot ‘n voltooide sirkel waarin ek ongeveinste liefde vind. Verwonderheid wat uit blomverdorde-kokon tot skoenlapperskoonheid bloei in lewegewende nektar van die liefdeson. Fladderende emosies wat ewigdeur eb en vloed in jou oë se vurige gloed kom kolk soos lawavure deur my bloed. © Anzé Bezuidenhout
Snaar-spore
Longe pomp nat asem… wasem… dit baar woorde… Woorde leef sonder asem in asem Woorde spat, klap, verniel en tart Wanneer is ‘n woord Woord? Wanneer is ‘n woord dood? God se Woord is Woord Woord leef, Woord is brood Woord vloei in woorde, soos salwings-druppels drup-trek dit heuning drade van goue sonstrale teen my […]
Want daar’s niks wat lewe gee soos water nie
en ek’s jammer vir jou skape en ek’s jammer oor die bees die somers was nou drie jaar lank net veels te droog gewees ek weet die vleie loop nie en die veld is dor en vaal ek wis die son se skroei sal nog die laaste lewe uit selfs ‘n bitterbos kan haal maar […]