Boulevard sonsak
Hoe mooi kan ‘n dag wat oor see en kim verdyn vir oulaas sy gloed oor ou Tafelberg laat kwyn daar waar wolke vlies in strepe van oranje-appelkoos en die hemel – wat eens blou was – skakeer tot rooi framboos. Weer vertoef ek vir ‘n wyle om te kyk hoe kranse éwig . . […]
Die edel van amber
In Pole – waar dit koud is – aan die Baltiese-see se kus in ‘n land van baie sneeu en reën en mis het – miljoene jaar gelee’ – ‘n boom – in immergroen geklee – harstrane oor haar stam laat loop warm-goud in kleur en muskus was die geur harpuisgom het uit wonde van […]
Ek WIL net gou iets oor die maan sê
gisteraand se groot maan het oor die Bolandberg geklim daar was oker, daar was vuur in die volrond van sy glim kortstondig was sy uur en ek wou dit met jou deel maar teen kwart-oor-sewe, Kaapstad was die maan bloot silwergeel © C. Shaw 19 Augustus 2016
Fluisterwoorde van die hart
deur die mure van jou hartskamer sag agter die hart se ritmiese hamer weerklink jou tere liefdeslied om my te vertel wat jy aan my kan bied vir my alleen om aan te hoor met heuningwoorde wat my hart so bekoor Koor: as ander fyn wil luister sal hul besef mure kan fluister in ‘n […]
‘n Lang pad is nie net ‘n lang pad nie
skryf weer vir my ‘n mooi gedig laat breek die dag in rym skryf dit tussen Colesberg en duskant Bloemfontein (Bo die groot Karoo waar die skadu’s diep agter donker heuwels, ver vlug ‘n raafswart kraai met ‘n wye draai en verdwyn oor die Gariep.) vertel my waar jou skape wei langs die huppel […]
Sommige dae is oranje
(teen die kromming van my nek lê die slierte onperfek . . . ek voel weer teen my wang die krul van hare hang) party dae is gemaak om buite te kan sit wyl die winterson se kus teen rûe en geboë skouers rus ~ langs die skadu van ‘n boom waarin ‘n duisend voëls […]
Visvanger
ek sien jou sit in neonligkantore en staar deur ruite – die uitsig is so vaal maar jy hoor steeds die stormreën en donder en op die dak die gekletter van die hael jy neem jou vlug oor hemelhoë geboue oor vuil teerstrate – die teer en die beton – tot waar die son skyn […]
AFRIKAANS, MY TAAL
AFRIKAANS ek lag in afrikaans ek huil in afrikaans ek glo in afrikaans
Spookasem Wolke
Eendag lank, lank gelede was daar ‘n miteskrywer wat stories vertel het vir almal wat sy ontmoet het. Stories vol eenhorings, skêre, spookasem wolke en ander lekker goed. Haar stories was propvol Afrikaanse woorde wat goed in haar luisteraars se verbeeldings wakker gemaak het – dinge wat die Engelse ekwivalente net nie kon regkry nie. […]
‘n Soort afskeid
Die laaste oggend is ‘n hemel wat kleur bo berg en velde kry wyl skadu’s nog in klowe en – kol-kol – tussen struik en pol gedy. Dis soet warm koffie en karringmelkbeskuit ysige vingers en palms wat – bakhand – om ‘n beker sluit. Dis ‘n blou kombers op koue banksement en die breek […]