Resensie: Die film, KITSFAMILIE
Resensie: Die film, KITSFAMILIE Wanneer is iemand gereed om kinders te kry? ‘n Hele paar dekades gelede het iemand beweer dat die allerbelangrikste taak in die mens se lewe deur jong mense sonder opvoeding, sonder voorbereiding aangeneem en uitgevoer word – die grootmaak van klein, hulplose kinders. Daar is ook egpare wat jarelang nie kinders […]
Chucky herleef in 2019
Vandag, vir die eerste keer in my ganse lewe, was ek bang vir ʼn kind. Daardie verlammende vrees wat so stadig oor mens kruip tot jou spiere heeltemal lam word. My bloed het yskoud en dik in my are gevloei en hoendervleis het van my bene al boontoe gekruip. Of dit sy houding, gesigsuitdrukking of […]
Korrels
Die oppervlak van hierdie uur het binne haar oopgebars en alles wat in haar rondgedryf het, het na buite gespoel haar lag, haar leed, haar liefde, sewe trane en ‘n halwe hart (jy was ook daar) met koue vingers het sy die flenters op ‘n hoop geskraap een-vir-een die skerwe deur die sandglas se mond […]
Nommer Pas
Twee vriendinne gaan uit om klere te koop. Hulle het nodig om bekostigbare uitrustings te kry sodat hulle nie dieselfde klere meer as een keer ‘n week aantrek nie. Om elke Maandag dieselfde uitrusting te dra is een ding, maar om dit drie keer ‘n week te doen is onaanvaarbaar. Tog, om klere te vind […]
Huisskoonmaak
Die huis is stil. Ek skink my eerste koppie koffie, gaan sit op die stoep en luister na die voëlgeroep en probeer die voëls identifiseer. Ek ken nie al die name nie want die voëlboek help niks as mens nie die geveerde vriendjies kan sien nie. Die bosse is dig hier by die see, dis […]
‘n Kind se Seer
Die seer wat in ‘n kinderhart kom lê kom nesskop en haar wese infiltreer, wat saam tot wasdom groei haar later alle vreugd’ ontsê, word dan die tralies wat die siel omsluit, die lig kom in maar sy verleer hoe om haar hand daardeur te steek om selfs die krummels van die liefde vir haarself […]
JOODSE GRAPPIE: Nr. 4
JOODSE GRAPPIE: Nr. 4 Onder die grappies en staaltjies wat Jode ondermekaar uitruil, en waaroor hulle self lag, kom dikwels ‘n tergende verwys na geld, rykdom en gier. Soos by ander volke ook – of dit nou Skotte of Iere is, Swabe of Oos-Friese (Duits), of „Waldvierteler” (Oosterryk), wieokal, waarokal. Dis ‘n geval van „Hulle […]
Vlugteling
presies 5:30 am word sy wakker die lewe bloei deur haar are sy sit die ketel aan, ook die wasmasjien maak ham en kaas toebies vir skool dek die tafel vir ontbyt maak die kinders wakker en vat vir pappa koffie in die bed maar in haar kop is ‘n kannibaal; ‘n wegloop hond huil […]