Als in vyf minute
Die eerste vyf minute na vandag wou ek weer in jou arms kruip so sonder gedagtes of tyd wat my versmoor soos toe ek nog my hand veilig in joune kon vou maar nou moet ek myself in hierdie godverstreke spasie weerloos in wolke wind. Hier sal ek eers moet sweef, my ligstraal-lief tot dagmerke […]
Capucine se laaste tree
Motors flits soos dominoes vallend deur die nag, voetgangers haastig elk na ʼn eie lot oppad. . Agt verdiepings op staar sy af deur ʼn misvlaag – die uitsig asemrowend soos ligte van Lausanne die aandsfeer aanraak Die lug voel dun en kil vanaand – haar asem koud met elke teug soos die winterbries haar […]
Jou fabels
Heuning om haar mond gesmeer hart en siel en lus versteur Haar omgee net kom koggel jou kontorsie te kom roggel Onvergenoegtheid mergel nou kierang haar net soos jy wou © Carla Visser 27.11.2017
Kaalvoet kind
Kaalvoet kind Kaalvoet boor my tone in sand warm sand van stof is jy gemaak trek my knieë onder my ken in teken prentjies met my vingers speel-speel droomverlore ‘n Briesie raak baldadig maak golfies oor my pad sit ek en mymer in beswyming betower deur ‘n spel skielik waai sand in my oë my […]
Besoek aan ‘n grafkelder
Wit is die lelies in jou tuin; ek staar verwilderd na die windharp wat sag op jou stoep wanklank soos die giftige wasbleek warmte wat jy eens om my wou walm. Selfs vrede skuil hier in donker skaduwees van tuinstoele wat lustig na mens wink. Ek klop weer aan die toe deur perfek pas alles […]
Spontane ontbranding
‘n Begin warm, aangenaam en die slagoffer onbewus dat dit die begin van sy einde is…
KATEGORIE: Vorentoekyk – M-piep-RIN
KATEGORIE: Vorentoekyk – M-piep-RIN ‘n Briefskrywer in die Burger was ‘n tydjie gelede✽ hoog die em-piep-rin oor die beleid van ‘n britse organisasie wat toekennings vir suid-afrikaanse literatuur maak: Slegs werke in Engels sou daarvoor in aanspraak kom. Ek deel sy kokende gemoedsuitbreuk. As ons „na binne gaan”, as ons na ons innerlike stem luister, […]
RESENSIE: ‘n Volle halwe Jaar, die film
RESENSIE: ‘n Volle halwe jaar, die film Louisa wat so bietjie as malkop aangesien word, is die enigste een in die gesin wat werk het, geld verdien en almal aan die lewe hou. Sy dra snaakse klere, sy praat komies, maak ongelenke bewegings en trek modieuse klere aan soos ‘n vensterpop in ‘n winkel in […]
Resensie: Die rolprent PATERSON
Resensie: Die rolprent PATERSON In die VS Amerikaanse bondstaat Nieu Jersey woon ‘n busbestuurder wie se naam, presies soos die naam van sy dorp, Paterson is. Hy sê, „Ek is my dorp.” Hy is nog jonk en woon met sy vrou in ‘n huisie met tuintjie. Hulle het mekaar klaarblyklik lief en doen oor-en-weer iets, […]
Nie soos glas nie
Party dae word alles skielik blou – sommer so, dálk omdat dit Maandag is. Jy sit alleen voor jou Wimpy ontbyt of in die mall se Mug & Bean (soos ‘n beeld uit ‘n movie scene) – en jy word bewus. Jou bord is byna leeg, jy bestel nog koffie – vir die dors. En […]