Want dit is jy
Ek hoor jou geroep in die verte maar ek kan jou nie vind nie, ek voel hoe jou asem my nek streel waar jy agter my skuil vir die vrese wat ons onseker in die donkerte laat rondtas; Ek voel jou naby my en ek wil jou hand vat, jou gerusstel, maar die werklikheid ontbreek […]
Uit blinker
Selfs ‘n ster moet kan sê dat sy moeg is om te skyn ~ dat sy soms net wil verdwyn in die donker. Selfs die maan moet verklaar sy’t als gedoen sy was al daar. Ja, selfs die maan moet hierdie waarheid openbaar. En selfs die son moet erken sy wéns die einde was in […]
Ken jy verslawing meneer?
“Dis daai oomblik wanneer jy besef dat jy die een ding bo die res verkies; al maak die gevolge nie saak nie; dis daai oomblik wat jy moet besef dat jy verslaaf is…” Foeitog, daar is regtig nog mense daar buite wat glo dat verslawing ’n siekte van swakheid is en vir die armes van […]
Daar is NIE geld NIE!
Daar is NIE geld NIE! Ek hou nie daarvan om dorp toe te gaan nie! Ek gaan net dorp toe in selfverdediging. Maar so tref dit my nou op hierdie sonnige, herfmiddag dat ek vir Dierbaarste ‘n dit en ‘n dat en dan nog sommer iets vir die wis en die onwis moet gaan koop. […]
Sluipende vrese
Grypende, klouende, wriemelende kloue, gryp my hart kloppende warm, al pompende rooiwarm bloed van lewe, gevul met vrees en klemmende kloue, klein soos ‘n mier voel ek nou, met satan sluipende om my heen, die vrees so groots, skrikwekkend, ons mens bly maar so swak. 16/09/1977 © C. du Plessis uit – Die Poort is […]
Daar waar . . .
Daar waar ek moedeloos dwaal is eensaamheid besonder bitter wyl ‘n woede stadig aansmeul in die soektog na vrede se deur. Daar waar siele in vrees dwaal reik my siel uit na vertroosting, vir verlossing van die ewige pyn tot oggend op die horison groet. Daar waar drome werklikheid is lei jou mag en krag […]
Verborge Bergrug
Nadia stop en wag vir die ander om in te haal. Gewoonlik klim hulle almal teen dieselfde pas die berg uit. Maar sy het vanoggend iets wat haar jaag. Sy vat ‘n sluk water terwyl sy af kyk na haar klimgroep. Sy sug toe sy sien dat hulle nog ‘n hele ruk gaan vat om […]
Hoe lank moet ek nog skyn?
Ek skyn dimpelsag oor kleine kinders laat hulle, in hul drome lag – Ek skyn ñ volle nagwaak oor adel-moeë boere in hulle reënversugtingslaak – Ek skyn ñ nimbusboog oor liefderyke moeders wat hulle babas, so teertroetelsoog – Maar ag liewe Heer, hoe lank moet ek nog skyn oor owerspelers se vreemde-bedde deel? Hoe lank […]
Saphira en die Biblioteek onder die Berg
Cian het besluit om by hulle te bly na die hele eenhoring-en-dwerg-ding. Eolande, natuurlik, is baie opgewonde daaroor. Jade, soos katte maar is, is ongeërg. Saphira daarenteen voel omgekrap. Sy weet daar’s nog baie wat hy haar moet leer oor hoe ander Feë hul towerkragte gebruik, maar dit voel amper asof hy haar oppas na […]