So is dit bepaal
In die skadu van ‘n boom staan ‘n man en staar na die hond wat al tjankende, woedend, na sy stert hap terwyl kinders hom skaterend koggel en ‘n riel dans. ‘n Oordonderende geraas van toeters en motorkarre wat heen en weer jaag bring vreemde musiek wat weergalm, en menige se humeure laat ontwaak. Deur […]
Vergifnis
Vergifnis ( Gandhi—The weak can never forgive, forgiveness is the attribute of the strong) Daar is geen volkome vergifnis op aarde te vinde nie want die gif in die middelste lettergreep bly steeds vassteek in jou gekweste gemoed en geheue daarom lui die ou gesegde ek vergewe maar vergeet nooit want niks kan die gif […]
Nouveau Riche [Pasryk]
Nouveau Riche [Pasryke] My dae van armoede en pootuit swoeg en sweet bultuit met die baie sukkel se swaar pedaaltrap en heuwelaf free wheel om asem te skep is lankal verby nou sweef ek veerlig die heuwel uit met my wa-benz en kubaanse sigaar in die mondhoek gemaklik agteroor wyl sonbesies in versengende hitte sing […]
Vergeet het gekom
Kan ek jou vra om jou woorde te leen? Vergeet het gekom en het oorgeneem, my gelaat sonder woorde en so alleen, ek wil so graag vergeet sy mag ontneem. Wanneer die voëls in die hemele sing wil ek my gevoelens aan jou vertoon, maar vergeet bly my woorde verdring, ek weet ek is besig […]
Lente se lied
Wanneer winter in die verte vervaag en die lente op die horison opdaag om koue se mag te kom ontbind en die somer sy prag te laat vind. Dan wil ek jou vreugde aan my sy hê sodat ek my liefde in jou kan belê, tot ewigheid ons as een saambind, want in jou is […]
Anderkant werklikheid
Dit draai en tol, al in die rondte, om en om, deur duister gange; donker is die gesig van die nag wat eenkant staan, wag, en lag. Met gedagtes, koud, ongebonde, wat draai en tol, al in die rondte, word werklikheid verkrag, vervorm; hulle kom in hordes aangestorm. Hulle stuur hom, gebind met bande aan […]
Paradoks
Paradoks Ek is ‘n lewenslange gevangene van my eie herkoms en vrywillig onderworpe aan die tradisies in volkskruike gebêre en uitvloei na nasate ingebed in my gene, ‘n etos afkomstig van eeue oue beskawings uit Dietse volke wat onherroeplik en trots deur my are vloei— Die paradoks is ek voel vry in my gevangenskap en […]
Saphira en die Toevallige Liefde
Dis ‘n pragtige herfs oggend. Die heide is oortrek met huidestruike wat vol in blom is. Selfs wit en pienk blomme kan tussen die oorweldigende pers gesien word. Dis Saphira se gunsteling deel van die jaar in die berglande. Alles ruik na huideblomme soos dit gebruik word om alledaagse dinge soos besems te maak en […]
Baksjiesj
Baksjiesj Die jong geslag eis bakhand alles verniet en aan owerhede word ultimatums gestel en wat die ouer garde uitermate ontstel is hul oneerbiedige aggressiewe hiet en gebied— Hulle toyi toyi dreunsang baksjiesj vir klasgeld verniet met weinig begrip van die land se ekonomiese bestel en so speel hulle ‘n gevaarlike kortsigtige spel wat geen […]
Lentereën
Waar die hemel eindig en die aarde begin, waar jy nie is nie maar waar ek jou kan sien en die sterre die weg aanwys vertoon jy jou, om trots die begin van ewigheid aan te dui. Met ‘n tranedal bring jy hoop vir die toekoms, met ‘n gebrul en gedonder prys jy die Heer […]