Ter voorbereiding vir my NaNoWrimo-boek (deel 1)
Sommer net ‘n stukkie storie ter voorbereiding van my NaNoWriMo-boek Papier en porselein. xxx “Jy behoort te weet hierdie deel van die dorp is nie veilig nie,” sê die man. Sy asem ruik na goedkoop drank, sy rotagtige oë rooi. Hy stamp die swart keilhoed van Misha se kop af en lag toe hy die […]
Lag my ‘n lied
My horison strek oor die somer van jou lyf rimpel-gedagtes sweef heen en weer ek hoor hoe jou stem die wind wegdryf ek maak my oë toe vir nog een laaste keer. Stiltes trillend oor skemer se nood ek is alleen, selfs niks, sonder jou en tog, bring jy die eerste herinneringsbrood met die aanster […]
Hart van ys
Op die breë bors van winter lê ek my kop nou saggies neer; ontasbaar ver en (toe)gesper – klappertand in ‘n kleed van kapok koud, stil – enkel in my eenvoud. Ek ken hierdie hart; die kil klop wat koenig gletsers teen berge kan afsuur net om respek te ontplek of dalk nuwe lewe uit […]
Epitoom
Epitoom Eens wild my hart ongetem uit hom ontplooi beelde waar liefde lyne kon trek om siel en verstand— verby grense se denke en wense te intiem om te verstaan; saam wou ons berge versit. Nou stil my hart getem lewendig dood. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Die nag
Drie uur in die môre raak jy aan my hart soos maanligstrale wat sag oor bruisende branders streel; ‘n halwe eeu doen jy dit al weergalm melioristies deur my nag asof ‘n ewigheid altyd op ons sal wag. Melkwegwaarts slaan ek my oë soms op, in die diepdonker stort vreemde sterre neer tydloos soos diamante […]
MY KIND
MY KIND Vers1 My kind, jy is vasgevang tussen mure van beton my kind, dis nou tyd dat jy huistoe kom die stad is net ‘n gejaag na wind kom huistoe dat jy vrede kan vind Vers2 My kind, jy is vasgevang tussen mure van beton my kind, dis nou tyd dat jy huistoe kom […]
Skrywersblok
My mees gevreesde vyand is die naakte vel papier wat met woordelose uitdaging tartend na my gluur…
Fênsy woorde sonder kappies
Ek wou ook soos jý leestekens oor my woorde lê want jy kon die klem verskuif toonhoogte só aangee. Met ‘n alt 136 het ek toe ge-ê sonder om veel te sê soos ‘n Hadida net vlugloos ge-ê-ê want jy, my kind was vir my die wind wat my vlerke sou laat vlieg oor jou […]
TEEN MURE VAN BETON
TEEN MURE VAN BETON VERS 1 My kind, teen die mure van beton bid my knie, stukkend op die grond die ure van, die donker nag het ek heeltyd, vir jou gewag VERS 2 My kind teen die mure van beton bid my knie, stukkend op die grond wat het, dan nou oor ons gekom? […]
Ek is niemam
Niemand sien my meer of weet wat my hart begeer miskien iets heel eenvoudigs soos om net te luister na jou stil onegalige hipnotiese asemhaling koesterend in die lumier van ons kamer Niemand sien waar ek faal of weet waar my gedagtes dwaal miskien op ‘n vreemde kontinent met jou donker silhouëet afgeëts op die […]