‘n Pop vir Elma deur Lynelle Clark
“Kyk wat het ek vir jou gekoop, Elma?” gretig steek Elma haar arms uit en neem die pakkie by Tannie Esmé. Oorstelp van vreugde druk sy die pakkie teen haar bors, haar gesiggie straal geesdriftig. Die blink geskenkpapier spoor haar nuuskierigheid aan en met gretige vingers pluk sy opgewonde die papier af. “Wat sê jy […]
Valle del diablo
Sirenes ruk Bertus uit sy rustige diep slaap. Daar is geen polisie, ambulans of brandweer in hierdie klein dorpie nie. Hy spring op en is net betyds om die ambulans te sien verby spoed. “Waar kom die vandaan?” brom hy onderlangs terwyl hy vinnig aantrek. Die vraag van soveel mense wat die dorpie besoek is: […]
Sonder fees
Soms wonder ek wat vir my wag ek lees die asemteue in stilte is daar vryheid in ou grense is daar nog fees in elke dag soekend loop die mens alle afdraai paaie na sy wens
Anna se geraamtes
Dit was Anna se geraamtes wat kom spook het by my gedagtes laat ontwaak het wat sluimerend moes bly. Parallel loop – met wát ek kon gewees het en wíé ek vandag is Hóé ek in my vel inpas en skepties oor alles is. Dis is Anna se geraamtes wat deur die psige skeur – […]
MOORD SLAGTING
MOORD SLAGTING In die donker van die nag Het niemand hom daar verwag staan die vyand reeds en wag in die gang om sy prooi in tewag gaan hy haar nek met ń mes afslag Vyand gaan nie op hom laat wag vyand het lekker, in sy mou gelag hy verkrag en slagting beplan moord […]
Die Wensmeester
Al die kerse was aangesteek, tog kan die lig nie deur die donkerte breek nie. Vandat die laaste magiese gedierte gejag en in die kasteel se binnehof doodgemaak is vir almal om te sien is die spieëls dof en het vuur opgehou om lig te gee. Die sonlig is gedemp, maar dit was beter as […]
‘n Vers vir jou
Met my vinger vers ek jou naam – traan vir traan deurdruppel in ‘n winterskwatryn hierdie lewe was nooit ons s’n nie, en dit wat ek nog wou sê sal vir eers in ‘n vers moet lê want woorde is grensloos soos jou stem nou, spoorloos. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Maanlig drome
Ek (en jy) en die sekelmaan het mekaar altoos mis verstaan ek wou ‘n droom vir jou baar onder die maan se wiegende ligsnaar. Iewers in my dol kop se galop los jy toe enkel-reënspore oor die hoogste sandbank in my hart se woestyn. Net soos die stukkie maan in die diep swart hemelruim spartel […]
Lykwoorde
(“Actions speak louder than words”) Bleek bewus van die wete dat sommige eggo’s deur klankbane gis en teerheid verbrokkel tot ‘n afsoen metafore gebaar in snikke onder lykwoorde om van alles ‘n leë fasade te maak opsoek na ‘n bietjie warmte in ‘n hart van staal Soms word woorde stil-gebore gewieg deur die wese van […]
L’art poetique
Myself het ek uiteindelik gevind dis die logos wat my kosmos aanmekaar bind. Jubelend kan ek bely: “Ek is ‘n digter ‘n poëet! Jihaa! Handré-hie-handré! Ek is vry!” My woorde waai wapperend in die wind my muse krul holrug in my bakhand mak gemaak in my gees se skadukant. Gooi my letters in jou rooiwyn […]