Fluisterwoorde van die hart
deur die mure van jou hartskamer sag agter die hart se ritmiese hamer weerklink jou tere liefdeslied om my te vertel wat jy aan my kan bied vir my alleen om aan te hoor met heuningwoorde wat my hart so bekoor Koor: as ander fyn wil luister sal hul besef mure kan fluister in ‘n […]
As die Drolpeer blom
Onder stofnewels wat dwarrel en draai oor safraan savannas van Springbokvlakte blerts die blommeprag van trotse Drolpeer in ‘n skerfie wit wat om dorheid beur, brekend; soos vergruisde sterre deur verdorde loof om halleluja’s in witpapierblom uit te jubel oor ‘n nuwe Somer wat naderkom © Anzé Bezuidenhout
God se skeppingkeur?
Viooltjies geil in bonte blou vergeet skoon van die winterkou papawers weer in sagter kleur waar wilgers langs die leistroom treur Maar bergaalwyn het klaar geblom wag grysgroen weer tot winter kom en in haar plek blom gousblom geel met vlindertjies wat oor haar streel Pampoenblom rys haar stug kordaat met nerfies-aartjies fyn brokaat want […]
SOMER OP BLOUKOP
SOMER OP BLOUKOP hoe broosroos die oggend hoe uitbundiggroen die middag hoe tevredeblou die aand
Visvanger
ek sien jou sit in neonligkantore en staar deur ruite – die uitsig is so vaal maar jy hoor steeds die stormreën en donder en op die dak die gekletter van die hael jy neem jou vlug oor hemelhoë geboue oor vuil teerstrate – die teer en die beton – tot waar die son skyn […]
Afrikaans – beminde taal
Van kindsbeen af vul jy my hart. Dit vloei uit my mond en kielie Afrikaanse oor, wat skaterlag uit hul maag, vir snaakse grap – net in Afrikaans. Jou troos woorde is soete heuning wat vrede bring. Diep in my hart, het jy spore getrap. Met jou in my mond fluister ek liefdes woorde, in […]
Hartklop van ons taal
Deur speke van ossewawiel as enigste kompas die Bybel in hart en voor op die wa só is my land en taal duur gekoop in traktate met bloed gedoop gekruisig deur kampe van ogiesdraad verglasde suiker gevoer lyfgeraamtes waardeur ligte bries kon roer kon nie die hartklop van ons taal uit ons Afrikanerharte skeur © […]
Die asem van my stem
Waar die horison verstikkend, gemarteld kreet met die rooi van engels; my hoor wil strem breek baldadig ‘n kwashaal van die goudgeelson deur; en vertoon in die kern van my irisse ‘n volmaakte sewe-kleurboog Deur skaapdorings sal ek stap deur berg en dal tot daar waar son gaan rus en maanligstrale val in my taal […]
Ons beurt om te doop
Ons doop, of eerder, na vele probeerslae om die datum vasgemaak te kry, doop dogter en skoonseun uiteindelik hul klein mannetjie. Hy het al selfs sy oorspronklike doopklere uitgegroei, maar as ‘n klip in jou pad gerol word, moet jy maar daarom werk, al neem dit ‘n ruk! Nou ja, ons suiker af Oos Kaap […]