bruid en vrou
myne en ek hart siel een vlees geduldig sy een met my gees bruid en vrou vir my gehou vertrou my geloof in jou glo in die droom die hemel die bron tuine van babilon verblindende son die lug die oseane water’s weë reënboog die hemel die seë diamant lag stralend skitter vuur belowe ons […]
September
Deur dowwe grys van swaar wintersdae breek skugter, die nuwe blomgesiggies deur, die spikkels van die lentereën vorm ‘n groen mirage van nuut gebore seën ‘n sonbal wat oor dorre vlaktes rol, dans duwweltjiesblom baldadig dog kuis tussen skoenlappervlerk geruis waar eens dorings en distels was, bot ‘n duisend en meer grasgroen blare teen skurwestam […]
Saphira en die Toevallige Liefde
Dis ‘n pragtige herfs oggend. Die heide is oortrek met huidestruike wat vol in blom is. Selfs wit en pienk blomme kan tussen die oorweldigende pers gesien word. Dis Saphira se gunsteling deel van die jaar in die berglande. Alles ruik na huideblomme soos dit gebruik word om alledaagse dinge soos besems te maak en […]
Jy ken my pers
Jy koester my in teder sillabes van jou stil-verstaan kom plant vir my blomme in ‘n vergulde Lunabaan – wys só dat jy my psige kan vertaal. (Gemeet op ‘n skaal van een tot tien het jy tóg my binnekant verskuild gesien) Dan as moegheid soos ‘n ou-ooi gaan lê kronkel jy my toe in […]
Blameer die Lente
Ma, ek was nie dronk nie. Die lente was in die lug. Die wind was in my hare, die see en die sand en die sout. Die son was teen my rug en ek onthou (na soveel jare) dat ek wou dans . . . * Ma, daar was ‘n tafel in jou huis in […]
Lente kom op 4 September
Een oggend word jy wakker in ‘n dorp soos Brackenfell en September’s in jou are, jy voel dit tintel teen jou vel. In die donker staan jou doringboom en skilferbas* geel ryspapier. Die eerste voël sing lankal reeds, skamele minute net na vier. Buite flikkerskitter sterre, laat hul lig op golwe dans en salig […]
Op soek na die lente
Op die pad tussen Tulbagh en Joostenberg deur Wellington en by Agter-Paarl verby – in ‘n stokou bakkie sonder canopy – dáár het ek die lente gekry. * Sy’t oral langs die pad in velde vol van groen gegras en in lappe, lappe koring aan die berge se voete gelê. In die geel van […]
Nimmereindigend
Die horlosie stap aan. Tik-tak. Ons weet ons het nog net ‘n paar kosbare dae saam voordat ons finaal moet afskeid neem. Tog kyk ek skaam weg wanneer ons oë te lank ontmoet. Ek het soveel drome vir ‘n toekoms vir ons twee saam. Tik-tak. Tog deel ek hulle nooit met jou nie. Ek praat […]
Dans in die Reendruppeltjies
Rondtomtalie, rondomtalie, draai sy al in die rondte, glinster ogies vrolik en bly, met laggie klokhelder terwyl armpies uitgestrek na kante, al in die rondte in die reendruppels draai. Kaalvoetjies hardloop sy van boom na boom, met blye blydskap van reentjie wat val. Dogtertjie klein, maar 3 jaartjies oud, geniet die reen soos niemand anders […]
Bron van Vreugde
Ver lui ‘n foon een kant vining raap ons hom op en kom die stem ma waar is pa Net hier langs my, my kind ma, sit jou foon se klank hard ek het nuus vir julle goeie nuus vir julle Gou stel ons die foon en druk hom by ons oor en ‘n stilte […]