Een is ook ‘n heelgetal
Voordat God daaraan kan dink Om jou vir iemand te leen Moet jy eers besef dat een Ook ‘n heelgetal is Want daar is ‘n sekere tipe vrede Wat kom saam alleen wees ‘N kuns van menswees Wat bittermin verstaan Hoe wil jy ‘n halwe jy In iemand anders gaan regmaak Al wat gaan wegraak […]
Voel sonder vat
Eenheid word saamgevat in voel sonder vat, om in gees een te wees sonder om te tas, aan vlees. Daardie eenwees sentreer in saamwees, sonder woorde wat ge-uiter word. Verstaan vloei ineen waar stilte uitvloei in begrip. Hier is die landing sag in die hawe van geluk wat saggies klots teen die oewerkant.
In my wêreld
Here, dit voel asof ek nie kan sien wat U wil he nie Dit voel asof ek nie kan hoor wat U wil se nie Ek het weg geraak in my eie wêreld Here, niemand het eers na my kom soek nie! Dit was so stil, Here Ek was so alleen Het iemand ooit geweet […]
My brief
Here, Laat dit wat borrel Hier binne my In die mooiste Mooi woorde verander. Laat my hart Oop bars Op wit papier. Laat my emosies Die skryfstuk versier. Bring terug: Rymwoorde, Groot woorde, Vloekwoorde En woorde Van omgee. Laat my trane In ritme verander Soos dit drup-drup Oor die ink. Laat dan Jou liefde Die […]
‘n Skietgebed
Ek bid dat Jesus ‘n draai by jou kom maak en saggies met sy liefde aan jou hart kom raak Dat hy sommer op die stoel langs jou bed kom sit en jou drome waar maak soos jy hulle bid En as hy met sagte oë in joune in kyk hoop ek jy voel hoe […]
Wit tafeldoek en bont servet
een oggend wyl die duiwe koer die son net-net oor die rante loer berei’k vir ons ‘n feesmaal onder bome in my tuin drapeer ‘n wit doek oor die tafelblad stryk dit met my palms plat rangskik blomme in ‘n blompot en ryg servette deur ‘n ring (wit tafeldoek en bont servet kom ons twee […]
Fluisterstem
onder die wakende oog van pienk-wit jasmyn wolke dans tenger grassade en volg ek die rigting van jou stem wat liefde in verhalende trappe spel neem dit my na nuwe hoogtes, dra dit my met sagte engelvlerke op die simfonie van die wind waar engele met fluisterstem sag deur my hare kam © Anzé Bezuidenhout
Simson’s heuningstroop
sonder frustasie of swart gemoed ken jy die kronkel roete na my hart wasem die soet van jou asem oor die palm van my wang met ‘n sagte vlindervat blom begeerte roospienk soos perskebloeisels in jou kyk smelt ysriviere tot smeulende lawavure waarvoor tot die gerubs wyk in tsunami vloed jou hartstog oor die sagte […]
Briefie vir jou (2) …
soos soveel ander Sondae raak die dag teen namiddag leeg en dis dan wanneer ek in die hoogste graad intense verlange begin pleeg en toe ek netnou die son sien waar dit agter die bome wegkruip kon ek voel hoe jou verlange ook hier na my kant toe sluip ek kon aan jou arm raak […]