My huis is my woning
My huis is my woning My huis is my woning, maar my woning is waar ek tuis is. My woning is waar my hart is. Dis die plek waar ek lafenis soek na ‘n lank dag buite. Hier lewe herinneringe in elke vertrek. Dis my Elim na die dolheid van die stad. Ek kan oral […]
Julie 2022 Kommentaar en uitslae – Wat skryf ek projek
Baie geluk aan hierdie 12 lede! Lees die wen inskrywings hier: Projekwenners DIGTERS GOUD NO 7 Anzé Bezuidenhout met Die Lente kom NO 8 Anzé Bezuidenhout met Misterieuse NO 16 Caren Kearley met vergeef om te vergeet SILWER NO 26 Amanda De Meillon met Uit die as NO 27 Elmarie Nienaber Van Kampen met die […]
KONFESSIE (goud)
By jou kon ek nog altyd die ligbelaaide hand van die son oopmond soen dans in die reen wilde winde met my kaal hande vang want ons het weerskante toe geweet dat ons deur ruimtes sou reis dat ons groot kon droom en die weerkaatsing van ons woorde soos eggo’s sou sweef. By jou kon […]
Junie 2022 – Kommentaar en uitslae – Winterlandskap projek
Vergun my asb. om eers die volgende te sê: Dit is díé beste versameling gedigte wat ek nog ooit vir ‘n projek gekrit het. Hierdie maand het ek eerlikwaar gesukkel om wenners aan te wys. Die standaard is onoortroffe en ek is so trots op elke liewe een van julle. Dit was die lekkerste ervaring […]
Augustus 2022 – My huis is my woning projek
Beste INKers Alhoewel hierdie maand ‘n oop projek is, wil ek tog ‘n tema daaraan koppel. Dit sal nie noodwendig in die toekoms van toepassing wees op alle oop projekte nie, maar dit bied vir my spasie wanneer die by in die enjinkap ‘n geraas in my oor maak en ek die bevlieging kry, om […]
HOE LANK (goud)
Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind sodat ek net weer die mens binne my kan vind want my wag het lankal die lewe ingeskiet terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
STERK STILTES (BRONS AFDELING)
STERK STILTES (BRONS AFDELING) (persiese kwatryn) Honderde jare het alreeds verloop; helde het dikwels hul siele verkoop; dinge het sedertdien so verander, tog het die mens nie verleer glo en hoop. Op die water het sy hom weggesteek en die farao se spul wette verbreek: die profetiese koms moes voltooi word – sý was die […]
Mei 2022 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
INK Mei 2022 Kommentaar en uitslae Baie geluk aan hierdie 11 lede!! GOUD. 1ste- No 25. Caren Kearley met Binne seisoen 2de – No 24. Caren Kearley met Leonard se song 3de – No 23 Andries Fourie (Seirdna) met Wegkyker SILWER. 1ste – No 27. Marlene Erasmus met Vreesloos haweloos 2de – No 34. Loretta […]
Julie 2022 – Wat skryf ek projek
Beste INKers In die Julie projek gaan elke afdeling sy eie unieke opdrag hê, lees daarom mooi om die verkose opdrag na te kom. Gaan lees asseblief die skrywe onder die titel “Wat skryf ek?” wat deur die Ink Moderator in Junie maand geplaas is. DIGTERS: 1. Skryf ‘n Persiese kwatryn. 2. Geen spesifieke tema […]
INK dig- en skryfkompetisie 2022
HIERDIE KOMPETISIE IS NOU GESLUIT * * * INK DIG- EN SKRYFKOMPETISIE 2022 15 Februarie 2022 – 30 Junie 2022 Kom gee vlerke aan jou woorde!!! Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ‘n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in spog bloemlesings opgeneem gaan word, naamlik INKSPRAAK 3, […]