Donsveertjies
half gevormde engeltjies sweef deur my gedagtes vandag soveel wat maar net donsveertjies het tog glo ek, daarbo is hulle almal perfek hulle begin was nog nie eers op kalender gemerk om tot jare te kon strek nie, want op aarde is hul wieg met gruis bedek gesiggies net op sonar geêts word vir mammas […]
‘Black Widow’ Silwer klas
Soos ‘n swart weduwee sit sy daar wagtend honger smagtend na mag doelbewus lok sy die prooi na haar met wulpse swaai en pruilmond lag van buite onskuldig soet en sag dodelik die gif wat daar op jou wag vasgevang in haar spinnekopdraad jou sinne verlam in liefdesverraad te laat vir onsnap uit haar dodelike […]
Beesboude en binneblaaie 359 Woorde Silwer klas
Al draai ek die spiëel watter kant toe, die broek sit vanmore regtig bietjie styf. Al draf ek nou ook om die blok gaan daai boude nog steeds bewe wanneer ek loop. Beesboude. Wragtag sal die duiwel sy sitplek vanmore op my skouer kry. Die bed lê vol klere soos wat ek aan en uittrek. […]
Die waarde van vrouwees (Silwer)
So baie mans kla oor hulle vrouens, maar besef nie dat sy die produk is van wat hy (sy liefde / sy houding / sy gedrag) van haar maak nie. Ons vroue is inherent sag, vriendelik en liefdevol, maar boeta, vryf ons verkeerd op en jy gaan vir seker die vonke sien spat. ‘n Vrou […]
Die nag het gekom(silwer)
Die nag het gekom as ‘n sneeuwitblom, ek was die son en jy die blom jou kelkies styf en jou lyfie steels maar blom, jy wou nie blom al hoe meer die smeek klad van my tong om jou té intrigeer- Lotus van my Aarde hoor tog my empatierooi groen in die gebergtes van jou […]
Gelapte legkaart Silwer
My legkaart lê op die vloer – stukkend (van die tafel afgesmyt) jy het met jou vuil voete die brokstukkies kom stukkend trap hier waar ek stadig maar seker my lewe wou bou my liefde uitgesprei oor ‘n denkbeeldige vaste rots hier het jy skelm stukkies van my lewe kom steel; toe ek halsstarrig aanhou […]
Bottel in die branders Silwer 1153 woorde
Mara laat sak haar skouers. Die seemeeue kla en kerm en swiep laag oor haar kop heen. Hulle duik weg en gaan aas maar weer by die dokke. Mara se sakke is leeg. Die laaste broodkorsie het sy vir Brakkenjan gegooi. Die roomwit basterbrak volg haar al die hele week. Die son vlek die horison […]
TOEGANG VOORBEHOU (goud)
Laat jou sluier val as middelaar tot my lyftaal laat ek verse oor jou ploeg oor die naak velde van jou oorbegroeide gedagtes laat my toe om in jou binnekamer te dans die warme weerstand van jou duistenis te betas laat my liggelowig langs jou sit in die stilte van jou wreedste storm omnagtelik die […]
verwering
– jou ogies blink soos krale in die son sagte blou oë wat baie kan inneem – jou stem kom diep uit warm boesem waar jou siel sy hart koester en bou – jare se wind en weer en baringspyn het jou gesig in weerpatrone gesny – uit jou mond kom net rein gedagtes want […]
‘n Voorval van liefde
Daar was niks spesiaal aan Attie nie. Hy was nie mooier, slimmer, vinniger of selfs ‘n beter jagter as enige van die ander nie. Hy was maar net Attie wat geëet en geslaap het. Of om nou bietjie onsensitief te wees: Attie het net bestaan. Of Attie nou bestaan het of nie bestaan het nie, […]