Chroniese Wanderlust
Chroniese Wanderlust Jy het al baie stede se hoofstrate bewandel mooie meisies dikwels aan jou sy, totdat jy uiteindelik die cul de sac na my hart ontdek het en dit stof en sinkplaat gery het totdat jou chroniese wanderlust uiteindelik weer die oorhand gekry het en na so ‘n bietjie besluitlose wik en weeg is […]
“Where do you go to, my lovely?”
Ek wandel deur tuine, my liefste – boorde waarin bloeisels gedy en loop deur die doodsnik van winter, Namakwa lê blombont om my. Soms verdwaal ek in dorre woestyne, waar skedels en skepe skelet langs ‘n kus met duisende duine – teen die wind en die weer in verset. Ek stap met ‘n stofpad, beminde […]
HOOR JY N STEM
Hoor jy die harseerstem van n land Opgebou in nasietrots deur bloed en sweet Hoor jy die stem roep na vryheid Aansporend agter die sweeplap op die ossewa Hoor jy die stem van gelofte Gelofte aan n Almagtige God by Bloedrivier Hoor jy die rouklag in die stem Na n oorlog wat n verbrande land […]
Die Klein Jakkalsies
Die Klein Jakkalsies Tyd is eindig, dit gaan ongesiens verby totdat jou lewensduur tot stilstand knars— ons tel die ure, dae, weke, maande en jare maklik af en beplan oor lang termyne ons vooruitskattings en vergeet hoe ons die eskalerende datums en tye gehaal het en hoe meedoënloos stelselmatig sekondes soos klein muisies ons lewensjare […]
Elegie vir ‘n Erfenisdag
Elegie vir ‘n Erfenisdag Ek treur oor die verwaarlosing van my land— Ek treur oor die verwoesting van ons alma maters, ek treur oor die wegneem van ons Afrikaanse straatname, ek treur oor die nuwe sinlose plekname vir dorpe en provinsies, ek treur oor die afbrand van skole, klinieke, en die vernietiging van ou historiese […]
BESIGE TYD
‘Dis heerlike lente, die winter’s verby. Weer vrolik die velde, vir jou en vir my’ of ‘Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing; al die kriekies kriek daarbuit’; elke sprinkaan spring’. Lentetyd is Lasarus-tyd. Dis lewe-kry en opstaantyd. Dis tyd om die liefde op te warm, romanse af te stof, te lag en […]
Die reuk van opstanding
Waar mǒre vӗr-vӗr oor die golwe tuur tower op ‘n vrolike spel van sonnelus na ‘n pikswart nag En ek roei en ek roei verder in my platboot’ skuit oor my slaap tot anderkant uit Verby dryf vӗr verder weg van my al’s wat agterbly is vir altyd verby ….die een gedagte bly by my […]
Laaste lig
En dan skemer, jy wat pronkend kom Jou koms is geen verrassing Die tyd net krom Jou donker mantel jy voer my mee My ervaring geen berou Goue are is gegee Die siel se versugting na honger kwyn Ek is gevul gevoed Met meer as wyn Hoewel n bladsy in roman Verhelder dit heel verhaal […]