Die Winter Is Hier
Die Winter Is Hier Daar heers ‘n groot droogte in my hartland, die somerreëns van jou liefde bly weg en my dorre hartland is aan die wegkwyn— Waar bly die strelende verfrissende lawende somerreëns van jou liefde om weer my dorre hartland in wuiwende groen grasveld te omskep , en te dra deur al die […]
My hart se droom
Waar daar vreugde groei sal lente bloeisels bloei bring waarheid aan my drome dek ek groen die bome So skoon en ongeskend so stil, sag en soet geluk wat so diep nestle in my bloed Ek sien ‘n pad van grassies sag en oor dit skyn die sagte maan ‘n ster wat helder blink in […]
Boodskapper die Wind
Boodskapper die Wind Vrede! Vrede? Almal roep om vrede en almal soek daardie vrede maar vind alles is omstrede die vrede is nêrens op aarde te vinde nie berig boodskapper die wind— Vanuit jou huis tot maatskappy kring die versoek wêreldwyd uit maar jy kry net die wrede tydings die kom geswind via Tv en […]
September
Deur dowwe grys van swaar wintersdae breek skugter, die nuwe blomgesiggies deur, die spikkels van die lentereën vorm ‘n groen mirage van nuut gebore seën ‘n sonbal wat oor dorre vlaktes rol, dans duwweltjiesblom baldadig dog kuis tussen skoenlappervlerk geruis waar eens dorings en distels was, bot ‘n duisend en meer grasgroen blare teen skurwestam […]
‘n Roos se kus
In ‘n tuin waar donker’rooi rose blom ek kon sweer dis waar die maan sy tuiste vind Middernag is waar sy onstuimige siel van al die gode in die lug weg propeer vlug Jou kleur strek oor die verte laat jy rustig slaap agter ‘n roos se rug Sy’t haar drome sag agter hom gaan […]
Memoires
Memoires Sal ons ou kennisse ooit vergeet, en die goeie oue tyd? Herinnering is die onsigbare naelstring wat ons hier in die tyd bind aan die verlede en ons geliefdes aan die anderkant— Nostalgiese verlange is die onthou lewensbloed wat die naelstring se eenrigting verbindingslyn voed— Hoe arm sal die lewe nie wees sonder ons […]
Pêrelpoort
Leë, takagtige bome en wind en wind… en mis wat spookagtig hang oor die veld ‘n Stroom loop in sy droefheid oor stof wat dans wat rondspring, bontspring in die warm sand Op die snaar van die windharp se silwer linte van teer vleg beelde soos so baie keer wat jou noop om los te […]
My geskenk aan jou …
vandag stuur ek vir jou ‘n pakkie toegedraai in blink papier daar is ‘n kosbare geskenk daarbinne verpak op my eie manier die geskenk is omdat jy verjaar ek wil jou graag iets blywend gee iets wat jy altyd sal gebruik en immer nodig sal hê maak los die lint van sonskynstrale vou oop die […]
AANDAG ALLE LEDE – Trofee toekennings op gala-aand
Geliewe daarop te let dat alle plasings in elke afdeling tot en met die 23ste September 2016 oorweeg word vir prystoekennings hierdie jaar (2016). Alle plasings daarna sal in aanmerking kom vir volgende jaar se toekennings Dankie Die Inkspan
Duet met die lewe
duet met die lewe Hoe skryf mens n duet met die lewe watter woorde is gepas as die lewe stilswyend tolbos deur my bestaan waar kom ek tot rus as my knieë wankel my pas wil verloor teen die stilswye? Sal n antwoord kom saam met die maan wat vanaand in sy eie kring neerkyk […]