Deur ‘n stormsee
Jy was my storm se sterkste wind maar by jou het ek rus gevind ek het jou lief Ek wil hardop uitroep oor die oseaan waar die breek van die branders na die see verlang ek het jou lief
ek dink aan jou
ek sit en brei met die kleure van die heide regs, regs, regs, aweregs een oog op die breinaalde en wol wat moeiteloos ’n band vorm regs, regs, regs, aweregs een oog op die selfoon wat gaan lui, sal lui, moet lui regs, regs, regs, aweregs een gedagte op steke en syfers en spanning om […]
Staatsgreep nr. 6
Terwyl die rooiberet-brigade buite ons grense stof opskop – is ń mak bobbejaan elders in Zimbabwe in sy spore gestop…. en hier in Pendoringland is ń komplot aan die broei dapper soldate sneuwel sinneloos van hul woorde gebloei Die kamp kommandant het sy pen vir ons in – te midde krete om hulp het ń […]
die klippe roep luid
in pakhuis lê opgevoude kartonne gebind met maskeerband doodstil lê die bokse geen geluid kom daaruit vreedsaam lyk dit op die oog af maar daarbinne lê verlore kinders dogtertjies en seuntjies gekaap om as slawe vir sekshandel te verhandel gesmoor met dwelms vir dertien uur uitgevoer soos vrag opgeveil soos vee vir altyd verlore vir […]
Hoe lank nog?
Hoe lank nog? Vrees knel Buitelandse Beleggings tot hul halfgebore sterwe Angs pootjie Hoop in sy bewegings om die toekoms te beskerm Gelatenheid sien geen rede om Kwaad die hoof te bied Geweld trek ʼn mes uit sy skede om Ekonomie se slagaar af te sny Geldsug lig sy slinkse kop en staar blinkoog na […]
Die dors
Die dors Snikkend snak songebakte vlakte verlangend smagtend wagtend dorre dooie stofgetrapte oppervlakte hygend dors na reën Songebruinde stoere boer met roer soekend tragtend vreesafwagtend vir wraaksugtiges wat op sy plaas roer hy’s hygend dors na vrede en geregtigheid. deur Stephan Uys 12/01/2018
Te lank
Te lank Jy trap op my en jy weet jy maak seer jy vertrap vir my keer op keer op keer Amper begin ek glo jy is reg na weke, maande en jare se sê ek is sleg aanvanklik het ek gedink jy is opreg maar stadig het ons verhouding al verder versleg Ek moet […]
GESPLETE TONG
GESPLETE TONG in ‘n koor in menig taal weerklink bewys dat mense faal want elke mond elk met gesplete tong ‘n linker- én ‘n regtervuis als wat lewe summier vergruis gelyktydig bulder vrede verwilder slurpend lint om vas te bind sweep – opsweep jaag – verjaag mislei – laat ly in die afgronde in lei […]