lig gelowig
vals glimlag verkoop vertel van vals deugde deugde wat nie bestaan helder beeld van dofheid laat negentien voetsek kar lyk na moderne droomwa word lig gelowige mense daagliks verneuk misbruik verkul en vertrap soos gewillige skape geskeer sonder gewete soms selfs in die naam van gelowigheid sonder om god van geld te noem ©Teárlach
In Glas
Deur die prisma van jou glaskasteel skyn ‘n spektrum van lig wat aldag om jou speel nes die draai van seisoene as die oorsprong en effek jou verbeelding ontklee en jou drome vurig gloei wanneer betowering dit betree skitter diamantdruppels oor jou onbevlekte wange drup die suiwerse van goud uit konstellasies van hartsgange. © Carla […]
Wenners: Januarie 2018 Weerbegin projek
GEDIGTE: 1 ste plek: Anzé Bezuidenhout met ‘n Nuwe begin 2 de plek: Larissa Beukes met Gebede met bewende hande 3 de plek: Carma Shaw met Noudat gister verby is Rubrieke: 1 ste plek: Ronel Janse van Vuuren met ‘n Nuwe plek om boeke te adverteer Baie geluk aan hierdie 4 lede Projekbestuurder
Bejaarde liefde
Onbaatsigtige liefde en omgee dit gaan oor die herinneringe in hul harte God se beloftes van liefde, vergifnis en vrede Hulle liefde vir mekaar, is sterker al het die tyd hulle agter gelaat hul durf en deursettingsvermoë, deur beproewinge hul weë wel gekaart Hulle wêreld het gekrimp maar dit het nie hul harte verdroog in […]
Orania en God
As die nag-uur se stiltes oor Karoovlaktes draai en die voëls se kwetter sagte nagsê tjirp-geluide word wyl die skittersterre een-een hul sitplek inneem dan loer die maan versigtig met sy roes-rooioog oor grys platkop heuwels en uitgestrekte rante my voete die strate van die stille Orania wandel ek in ontsag vir die Hemelse heelal […]
golwende hare
donker bruin golwende hare sonder skeet of plooi oor jare guitige glimlaggie gaan jou vooruit netjiese vier houdinkie en flinke stap volbloed boere nooi so na my hart haal jou deugde uit en wys ons het jou nodig ounooi ons kinders raak min soek versekering seën vir jou en die wat jy grootmaak ©Teárlach
vos onder lammers
harde applous houtjie van galg laat almal walg bloederige pous deursigtig vals hardnekkig slu afgryslik kru in hoek gewals elke oog sal sien vresend neerbuig elkeen Hom dien ©Teárlach
Droogtebeeld
Ek sien jou loop oor ‘n dor en barre aarde; jou stewels is bedek met stof. Jy wis die somerson toon geen genade – vuur ken nooit sy perke nie, die vlam besing sy eie lof. Elke dag se wolkehemel wat elke dag die reën beloof, laat bot die hoop vir skraal sekondes voor die […]
KOEBAAI!
KOEBAAI! draai draai hoekomsdraai die lewe maak ‘n snaakse swaai ons liefde omgewarrelwaai in ‘n oogwink alles omgedraai raai raai grootlawaai het die haan nie klaar gekraai sal mens die dinge om kan swaai die onmin sommer weg kan waai kwaai kwaai hoe klink daai stuur my gewete in sy mallemaai bly my aankla soos […]