Hoe weet ons watse boom ons is?
Ek blaai deur fb-blaaie op soek na tuin-idees. Iewers het iemand gevra wanneer hy wingerde, perske- en appelkoosbome kan snoei en hoe ver hy dit kan terugsnoei. Ek lees verder deur my Bybel en gaan soek die verse op waar Jesus van wingerde vertel o.a. Joh 15:2 Elke loot aan My wat nie vrugte dra […]
kierankies sal braai
vervlaks – duwweltjies steek mos seer loop voor jou pad vol duwweltjies word mense wat net van mense kan praat vervlaks – duwweltjies steek mos seer gruwelike skinderstories sal versuur lewenswiel draai stadig maar seker vervlaks – duwweltjies steek mos seer loop voor jou pad vol duwweltjies word ©Teárlach
kuikendief
hande grys en verrimpel kramp streel grillerig saggies rasper oor wangetjies ongeskonde wat skokkend bewerig kyk donker oë van wellus kyk ogies vol vrees waar is mammie waar pappie in wêreld van haat dink betyds doen iets ©Teárlach
Kookwater
Kookwater, deur Stephan Uys Ek is nie juis ʼn man vir bad nie. Vandag se badjies is nie gemaak vir manne wat hul vroue se spieëls volstaan nie – daar is net nie genoeg plek in die moderne badjies nie. Smaak my hoe droër die Kaap word, hoe kleiner word die baddens, en dan sit […]
Laatmiddag!
Laatmiddag sit ons op ‘n klip en lag vir kiewiete wat so wip. Helderblou is die lug daarbo wat ons weer wys om in God te glo. Agter die son verbleek die blou en die skilderdoek word oopgevou, dan verf Hy dit liggrys, ja wintervaal as agtergrond vir ‘n mooi verhaal. Versigtig word die kwas […]
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 7
HOOFSTUK 7 Kas is die oggend vroeg op kantoor en gaan dadelik na kolonel le Grange toe om die saak te bespreek terwyl hulle die lykskouer en die forensiese mense se verslae afwag wat deur die oggend sal inkom. Kolonel le Grange se mening is dadelik: “Hier is n minnares betrokke, met Morrison se samewerking […]
Delvillebos (op ‘n dag in Julie 1916)
goud Vanoggend het Fanus Venter* ‘n nare voorgevoel… en net daar !PLOF! iets in die sandbank – dis die eerste ligdagkoeël. Teen die walle van die Somme is die duiwel eensklaps los tussen kaal geraamtebome – dit is die slag van Delvillebos. Vir die jong man van die Vrystaat is die masjiengeweer se vuur (genadiglik […]
Vir ‘n prinses
Goud Punt jou tone teen die blou; kyk hoe lief die winde jou voete wat soms kaal is en soms hoëhakskoene dra. En sou ’n prins jou ooit kom vra om sy goue ring te dra – soek diamante in sy oë, vra hom of hy glo in die liefde, of hy omgee vir die […]