Tinkerbel
Uiteindelik het ek myself weer gevind met my arms gevou om my kind my siel verstaan dié heilige liefdesdou van soete woordjies wat aan my wese klou. Wyd het ek vervreemd verwaai, eentonig soos ‘n ou gesang in die donker het ek met dorre hande rondgetas, bleek-bang deur ‘n skim-naelstring het ek gehoor hoe haar […]
Herfsblom
Herfsblom is my naam in magiese skitterprag om helder te skyn. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Solo-kaberet
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange haar solo sopraan stem het sy opgedra net aan hom haar masker het geval; die vertoning het afgeloop stil-stil blom goudgeel lelies oor die verhoog se planke voor die wit klawers van haar laaste decrescendo klanke haar masker het geval; […]
agter horison
winterkoue droog my uit my duin lyk erg verstrooi agter horison skyn ‘n son fynbosse om my vergroen hele strand lê nog vol kelp rob karkas lê en uitdroog sonder oë sonder stertvin versteende ribbes in sand wat lê oor horison se rand styg hoog uit oor deining kruip nader swart misbank verberg jy nood […]
DIE STORIE VAN ‘N VROU SONDER NAAM
Sy bel my een aand baie laat. Sy vra verskoning daarvoor en val sommer met die deur in die huis. Ek wil vir jou my storie vertel. Ek wil hê jy moet daaroor skryf. Die hele wêreld moet weet daarvan. Ek antwoord half onseker: “Goed. Mag ek sê wie jy is?” · Nee “Mag ek […]
WINTER IN DIE NAMIB
Toe ek in die skool was, was veral twee vakansies vir ons as kinders baie belangrik. Die ses-weke vakansie in Desember en die drie-weke vakansie in Junie/Julie. Ja, ons het hulle regtig so genoem, want dit is hoe lank hulle was. Die somervakansies was die lekkerste. Iewers het ons (soos byna almal in die Namib) […]
Woorde
Woorde woorde maal in my kop soos witwater branders soos gekleurde wasgoed wat bruis en spin tarentaalspikkel wat vonkel knetter en skree betekenisse wat kruiwawiele lankmoedig uitkerm sokkies waarin voete vinnige treë trap vierkantige woorde met ronde vokale wat soos arende sweef op draaiwinde van taal soms duidelik soms onverstaanbaar soms banaal partymaal as […]
Skaduwee
Skaduwee in my môre waar sonkolle somerdans tussen tenger takke raak warm koeler in die skaduwee vanmiddag as my son slapgeel geil gaan lê die bries ‘n rilling gee is dit koeler in die skaduwee vanaand wanneer slaap my ouderdom verraai my dae wydgerek gaan lê raak dit grafkoud in die skaduwee © Grootvissie Junie […]
STOOMTREIN
STOOMTREIN Ek hoor die trein se harde fluit stoom borrel by die lokomotief uit hoor ek hoe swaar die enjin druis ou groote sukkel die opdraande uit hoor ek tik tak klanke op die spoor deur berge en klowe hoor ek in my oor deur die venster kyk ek ver terug na die rooi lang […]